Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Skriba-opleiding 2022

Nog twee skriba-opleidingsessies is gehou op 17 Mei in Welkom en op 24 Mei in Bloemfontein. Hier het skribas mekaar bietjie beter leer ken en lekker saamgesels oor die uitdagings in hulle onderskeie kantore. Die skribas se terugvoer is dat hulle die opleiding baie positief beleef en dit is ‘n welkome verandering om bietjie uit die kantoor te kom. Ander het ook antwoorde gekry op goed waaroor hulle al lank wonder.

Die volgende geleenthede vind plaas op 7 Junie in Bethlehem en 14 Junie in Sasolburg. Nuwe datums en plekke vir opleiding sal gereël word soos die behoefte daarvoor ontstaan.

Indien daar nog skribas is wat belangstel in die opleiding kan hulle vir Tertius Botha kontak by tbotha@ngkvs.co.za of by 051 406 6700.

17 Mei – Welkom-Noord

Foto: Vlnr: Adri Marx (Wesselsbron), Deidre Burger (Odendaalsrus-Oos), Dries Cronjé (Welkom-Wes), Hettie Speller Burls (St Helena), Alice Booysen (Dagbreek), Nicolene Oelofse (Riebeeckstad), Carien van Rensburg (Welkom-Suid), Esther Vickers (Meyerhof), Donovan Oosthuizen (Welkom-Noord – die gasheer gemeente), Sanette van der Walt (Wesselsbron), Suzi Vermeulen (Welkom), Stienie Lingenfelder (Virginia-Wes), Tertius Botha (Sinodale kantoor), Meyer Gilbert (Harmonie), Gerda van Zyl (Virginia), Miranda Wiid (Riebeeckstad-Erfdeel) en Corné Morton (Brandfort-Oos)
Foto: Vlnr: Hanri Wagenaar (Zastron), Carolene Nortier (Verkeerdevlei), Jannet Botha (Wepener), Wilma Rautenbach (Clocolan), Celia van Rooyen (Hobhouse), Tertius Botha (Sinodale Kantoor), Zandra van Niekerk (Pellissier), Heidi Visser (Hospitaalpark), Pulane Simes (Philippolis), Anita Kotze (Onze Rust) en Janetta Basson (Bainsvlei)

24 Mei – Bloemfontein

116 | Maatskaplike NOODLYN