Clarens – 10 tot 12 Oktober 2022
Daar is aan my gevra om my indrukke en ervaring wat ek beleef het tydens die werkswinkel, op skrif te stel. Nou laat ek net eerstens die hoek verduidelik van waar ek kom. As enigste ouderling tussen 42 plus predikante, was dit 'n ervaring op sigself, maar laat…
Toe Christus sterf, het ook die negende woord in die slag gebly: “Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.” Ook nie teen of oor die gestorwe naaste; ons historiese voorgangers en hul tyd en konteks nie. Daarom moet ‘n kerk altyd bly waak by die bronne waarin die verlede – oor haar vergange lewe en…
Die Skriba-opleiding, soos gehou op 7 Junie in Bethlehem en 14 Junie in Sasolburg, was weereens suksesvolle geleenthede. Dit bly lekker om hierdie vriendelike mense te ontmoet en hulle netwerk van ondersteuning uit te brei. Daar het nou altesaam 60 skribas hierdie opleiding bygewoon. Die wat dit nog nie bygewoon het nie, wil ons aanmoedig…
Adriaan Petrus van Zyl is op 4 Julie 1977 as die jongste van twee seuns in Bloemfontein gebore. Hy was vir sy hele skoolloopbaan in Bothaville op skool. Hy het sy laerskoolloopbaan aan die Primêre Skool Eben Dönges voltooi waar hy in 1989 hoofseun was en sy hoërskoolloopbaan aan die Bothaville Hoërskool waar hy in…
Nog twee skriba-opleidingsessies is gehou op 17 Mei in Welkom en op 24 Mei in Bloemfontein. Hier het skribas mekaar bietjie beter leer ken en lekker saamgesels oor die uitdagings in hulle onderskeie kantore. Die skribas se terugvoer is dat hulle die opleiding baie positief beleef en dit is ‘n welkome verandering om bietjie uit…
In strategiese prosesse wat vanaf 2018 by CLF beplan en bestuur word, is die noodsaaklikheid van die beskikbaarstelling van CLF-produkte nader aan die mense vir wie die produkte bedoel is, as kernfaktor uitgewys.
Die vestiging van kleinhandel-kanale om die produkte by die kliënte te lewer, het die afgelope ongeveer 12 maande stukrag gekry met die…
Op 12 April 2022 is die eerste skriba-opleiding in Bloemfontein gehou. Skriba’s van Gariepdam tot Hoopstad het die geleentheid bygewoon. Hulle het mekaar beter leer ken en besonderhede uitgeruil om op so ‘n manier nog meer bymekaar te leer en raad te vra. Die ondervinding in hierdie groep het gewissel van 2 maande tot 34…
By die laaste sinodesitting is die sogenaamde “dertig persent”-besluit geneem. Hiervolgens moes gemeentes se bydraes vir werk in meerdere verband (algemeen bekend as pro-rata bydraes) met 30% verminder word tydens die reses. Dit is sedertdien gedoen en die bedrag wat verhaal word van gemeentes het jaarliks verminder. Die dilemma is egter dat baie gemeentes finansieel…
Foto: Mariëtte Odendaal
Mariëtte Odendaal is ’n mediakonsultant wat ’n passie vir inspirerende stories het. Sy reis graag en hou daarvan om interessante mense en onbekende kulture te leer ken. Een van die lekkerste werke wat sy al ooit gedoen het, is haar betrokkenheid by die kommunikasieplatforms van ons NG Kerkfamilie Kaapstreek se Afrika Ekumene-inisiatiewe. Sy…
Een van die bekendste Xhosa-gesegdes, Umntu ngumntu ngabanye abantu (’n mens is ’n mens deur ander mense), kry nuwe betekenis as jy die storie agter die hoopgewende Ooshoek Beursfonds hoor.
Wat maak jy as jy in ’n kerkbank sit, werkloos is en jou toekoms uitsigloos voor jou uitstrek terwyl jy hoor hoe die predikant Sondag vir Sondag…
“Met goedkeuring van die Sinode is ‘n begin gemaak met ‘n Evangelisasiesentrum, ook genoem Bybelskool; ‘n stuk grond van 25 morge, twee myl van die stad se noordelike grens, met geboue en gronde pragtig uitgelê, is gekoop teen ‘n bedrag van £10,000 met oordragskoste”. So lui die 1960 Sinode se notule onder Evangelisasie en Aktuele…
Die Raad vir Ondersteuning het op 22 Februarie ons eerste vergadering vir die jaar gehou. ʼn Aantal sake is bespreek wat ook vir gemeentes van belang is.
Begroting
Tydens die 2017 sinode is besluit om die begroting met 30% af te bestuur. Dit beteken dat gemeentes se totale sinodale bydrae 30% minder moet word. Met…
Die Raad vir Ondersteuning het Maandag hulle laaste vergadering vir die jaar gehou. ʼn Aantal sake is bespreek wat ook vir gemeentes van belang is.
1. Die Argief: Die sinode beskik oor ʼn doelmatige argief en met die aftrede van ons argivaris word opnuut besin oor die beste moontlike benutting van hierdie bron. Die moontlikheid om die argiefstukke…