
Mariëtte Odendaal is ’n mediakonsultant wat ’n passie vir inspirerende stories het. Sy reis graag en hou daarvan om interessante mense en onbekende kulture te leer ken. Een van die lekkerste werke wat sy al ooit gedoen het, is haar betrokkenheid by die kommunikasieplatforms van ons NG Kerkfamilie Kaapstreek se Afrika Ekumene-inisiatiewe. Sy het al vriende gemaak met die mees inspirerende kerkleiers van ons susterskerke suid van die Sahara en het onder andere maandeliks kontak met die Reformed Family Forum se whatsApp-groep wat uit die algemene sekretarisse van ons 15 susterskerke bestaan. Dit is een van die verrykendste ervarings van haar lewe. Sy is getroud met Kobus Odendaal en het drie getroude kinders.