Op 12 April 2022 is die eerste skriba-opleiding in Bloemfontein gehou. Skriba’s van Gariepdam tot Hoopstad het die geleentheid bygewoon. Hulle het mekaar beter leer ken en besonderhede uitgeruil om op so ‘n manier nog meer bymekaar te leer en raad te vra. Die ondervinding in hierdie groep het gewissel van 2 maande tot 34 jaar in die onderskeie kerkkantore. Vanuit die Sinodale kantoor het skriba’s meer geleer oor wie ons is en waarmee ons hulle kan bystaan. Daar is ook aspekte hanteer soos die registers wat na die kantoor toe gestuur moet word, die vereistes vir die hou van dokumentasie en riglyne rakende die skryf van notules. Die nuwe berekening van die Bydrae vir Gesamentlike Werksaamhede en ‘n paar praktiese rekenaar- wenke is ook met hulle gedeel.
Indien daar nog skribas is wat belangstel in die opleiding, kan hulle vir Tertius Botha kontak by tbotha@ngkvs.co.za of by (051) 406 6700.