Deur ds Jan Lubbe, Voorsitter van die Moderamen, NG Kerk Vrystaat
“Dankie dat ons in u Woord kon vertoef,” sluit ds Fanus Coetzee, verteenwoordiger van die Sentrale Ring, ons moderamenvergadering met gebed af. “Dat U altyd voor ons uitgaan.” Want só het ons as Moderamen op 27 Mei in Bloemfontein begin, twee dae vóór die…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat
Maandag 8 April 2024
Geagte broers en susters, kerkrade en kollegas – Die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat het tydens ons vergadering op Maandag, 11 Maart 2024 indringend oor ons kerkverband gepraat en oor al die kwessies wat saamhang met ons…
Deur ds Jan Lubbe, Voorsitter van die Moderamen, NG Kerk Vrystaat
Op ‘n snikhete dag in ‘n dorp sonder water vergader die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat. Vroegoggend al raak dit uitdagend: Kort voor Winburg verloor die bussie uit Bloemfontein ‘n voorband; Adriaan de Ruiter bring ons veilig tot stilstand; gelukkig ry…
Deur ds Jan Lubbe Moderator van die NG Kerk Vrystaat en Algemene Sinode, 27 Oktober 2023
In daardie woestyngesprek tussen Moses en die Here God – Eksodus 33 (die Skrifgedeelte voor die afgelope Algemene Sinode) – klink die woordjie “guns” weer en weer op: Die “vind van guns in die Here se oë”. Genade. In…
Veertig Vrystaters onderweg na die Algemene Sinode van 2023
Op Sondag, 15 Oktober, sal veertig Vrystaters hul op die paaie na Gauteng bevind; sommige met ‘n bus uit Bloemfontein, ander per motor uit die ooste of noorde van ons provinsie. En ons ken die paaie deur die Vrystaat: Dié verg versigtigheid en geduld, maar daar is…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Moderamen
Op die voorlaaste dag van Augustus 2023 in die jaar van ons Heer 2023, het die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat in Welkom by die gemeente Dagbreek ontmoet. Die dag daarná, het die vaste-termynkontrak van hul jong leraar verstryk; hy was nog lid van ons Moderamen.…
Só het ons die herfsvergadering van die Moderamen afgesluit, een dag vóór Hemelvaart, by die mooi ontmoetingsplek langs die Renosterspruit, oos van Bloemfontein – Kopano Nokeng. Met Lied 286: “Here God van liefde, waar ons ook mag gaan,wil ons in u skadu by U staan.”
Verteenwoordigers uit al die ringe van die…
Een van die heel mooiste somers in die Vrystaat. Soos wat ons ná Nuwejaarsnaweek deur die Suid-Vrystaat huis toe gery het en afgelope week weer na die noordooste – Bethlehem, Heilbron, Parys – was dit groen, sover die oog kon sien. Weivelde, mielielande, geel sonneblomme besig om dankbaar die landskap te sier. Maar – óók…
Lig.
Ons het lig nodig om te kan lewe; ons en die plante en diere op Planeet Aarde. Maar ook die diep ruimtes in, ver bokant ons: Hoe het ons ons nie vanjaar verwonder oor die foto’s wat die James Webb-teleskoop ons laat sien het nie – die geskiedenis van lig, dertien biljoen jaar oud.…
Dit is Donderdagaand, ná ‘n vol dag. Langs die vuur by ons weeklikse familiekuier by Oupa Hendrik Smith in Striata, flits my selfoon se liggie. ‘n WhatsApp: “Ek is veilig tuis” – Leon Foot, ons skriba, uit Welkom. Weer flits die foon: “Lankal tuis”, Virginia. Nóg ‘n keer: “’n Paar draaie gery, maar is nou…
Een van die mees effektiewe maniere om ons prosesse en veral kommunikasie op geoliede wiele te help loop, is ons ringstelsel. Hierin speel die verteenwoordigers van ons ringe, ons 'primarii' op die Moderamen, ’n baie groot rol. Vandeesweek begin ons met ’n reeks om hulle aan julle bekend te stel. Ons spring weg met ds Gert…
Op 23 en 24 November het sowat 100 predikante, kerkraadslede en lidmate by Summerwood (net buite Bloemfontein) bymekaargekom vir ’n 2-dag konferensie waar saam gepraat is oor bandpunte wat tans die kerk in die Vrystaat raak. Die volgende sake het aan die orde gekom tydens die konferensie:
'n Pastorale gesprek: Hoe gaan dit met die…
Sinodale Konferensie – 'n geleentheid om deel te neem aan die vorming van die Agenda vir die Vrystaat Sinodesitting.
Die komende Sinodale Konferensie wil aan predikante, lidmate en gemeentelede die geleentheid skep om saam na te dink en te praat oor sake wat tans in die brandpunt is. Die brandpunte is geïdentifiseer na aanleiding van…
Vriende in Christus,
KENNISGEWING –
1. VERKIESING VAN ‘N NUWE ONDERVOORSITTER VAN DIE MODERAMEN
2. UITSTEL VAN SINODESITTING SEPTEMBER 2021
Die Moderamen het op 17 Junie via Zoom vergader. Tydens die vergadering is die volgende besluite geneem wat ons dringend onder u aandag wil bring:
1. VERKIESING VAN 'N NUWE ONDERVOORSITTER VAN DIE MODERAMEN Ds…
Na aanleiding van die afgelope vergadering van die Moderamen is daar 'n paar sake wat ons graag onder die aandag van gemeentes en leraars wil bring.
1. Woord van dank
Ons wil elkeen van u bedank vir die wyse waarop u kerk was in hierdie moeilike tyd. Gemeentes het voortgegaan met hulle daaglikse werk om…
Tydens die afgelope twee maande het gemeentes die kans gekry om te vertel hoe dit met hulle gaan en wat hulle tans as brandpunte in die kerk beskou. Daar is na elke kerkkantoor ‘n vraelys in hierdie verband gestuur.
Uit die reaksie van gemeente het dit duidelik geword dat daar op twee vlakke kommer in…
Die Moderamen het vergader en besluit om die Sinodesitting wat vir eerskomende September beplan was, uit te stel vir 'n onbepaalde tydperk.
Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie. Die realiteit is van so 'n aard dat die huidige noodtoestand-wetgewing in terme van Covid-19 dit nie moontlik maak om sinode te hou nie. Daar is…