Vriende in Christus,
KENNISGEWING –
1. VERKIESING VAN ‘N NUWE ONDERVOORSITTER VAN DIE MODERAMEN
2. UITSTEL VAN SINODESITTING SEPTEMBER 2021
Die Moderamen het op 17 Junie via Zoom vergader. Tydens die vergadering is die volgende besluite geneem wat ons dringend onder u aandag wil bring:
1. VERKIESING VAN ‘N NUWE ONDERVOORSITTER VAN DIE MODERAMEN
Ds Anton Meiring is verkies as die nuwe ondervoorsitter van die Moderamen. Hy volg ds Riaan van Zyl op wat weens gesondheidsredes vroeër vanjaar bedank het. Ons bid vir ds Anton alle seën en voorspoed toe met die nuwe verantwoordelikheid.
Ds Dougy Bubb is die Addisionele lid van die Interimkomitee.
2. UITSTEL VAN SINODESITTING SEPTEMBER 2021
Weens die huidige vlaag van Covid-19 wat die Vrystaat in ‘n wurggreep het, die staat se wetgewing in terme van Covid-19 en vergaderings, sowel as gemeentes wat hulle kommer uitgespreek het oor die veiligheid van die hou van ‘n Sinodesitting, is die eerskomende Sinodesitting uitgestel vir ‘n onbepaalde tyd. Die Ontwerpspan het opdrag gekry om ‘n ondersoek te loods na alle alternatiewe moontlikhede om ‘n Sinodesitting te hou. Die Moderamen vertrou dat u begrip sal hê vir die feit dat gesondheidsveiligheid die primêre rede vir hierdie besluit is en dat ons ook sodoende ‘n getuies lewer en ‘n voorbeeld stel om lewens te red in plaas daarvan om mense se lewens in gevaar te stel.
Vriendelike groete in Christus
Dr Carin van Schalkwyk | Moderamen Vrystaat Sinode: Skriba