Dr Carin van Schalkwyk, bekende en geliefde leraar van die NG Kerk Philippolis, is op 7 Maart 2022, ná ’n moedige stryd teen kanker, in die Paarl oorlede. Die reaksies op sosiale media wat van oral instroom, kollegas en vriende wat verslae hulle hartseer probeer verwoord, getuig daarvan dat Carin vele mense oor die lengte en…
Die verlossing wat God deur Jesus Christus bewerk, kan geensins gereduseer word tot blote abstrakte teorieë nie. Verlossing vind plaas in menslike vlees en bloed. Inderdaad, Jesus word mens, Immanuel, God met ons. Boonop het mense, soos vertel word in die Evangelies, Jesus met hulle eie liggame teëgekom. Regte mense in werklike kontak met ‘n…
Die uitmergelende droogtejare van 2017 en 2018, opgevolg deur die verreikende gevolge van Covid-19 sedert 2020, die brande waarmee die Wes-Vrystaat sedertdien ook te kampe gehad het en die vloede van 2021, dwing jou op jou knieë en kan jou soos ’n vloedgolf platslaan en totaal verswelg.
Dis dán dat ’n helpende hand en saamstaan…
Vanjaar se sinodesitting gaan in vele opsigte anders wees – soos ’n koel briesie oor warm, uitgestrekte woestynvlaktes sal dit jou (hopelik) aangenaam verras.
Behalwe dat dit so ekovriendelik moontlik aangebied gaan word, sal daar ook gepoog word om te besnoei waar moontlik en registrasie in lang toue is ook dié keer iets van die…
Gedurende die eerste twee weke van Desember 2021 was ek, tesame met ses ander pelgrims, op die Pelgrimstog van Hoop: Robertson tot Agulhas. Dit was die eerste keer wat ek so iets aangepak het, met idealistiese uitkomstes wat ek tot my mede-pelgrims verwoord het as verligting, lewens-veranderend, en selfs verlossing. Dit is waarvoor ek gehoop het. Maar dit…
Stéfan Welthagen is ‘n Vrystater in murg en been – gebore en getoë in die pragtige rosestad, Bloemfontein. Dit is ook hier waar hy skoolgegaan en studeer het. Hy het sy primêre skoolopleiding aan die Laerskool Willem Postma voltooi en daarna sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Sentraal.
Maar wie is hierdie lewenslustige natuurliefhebber wat so…
‘n Bespreking | Margaret Blackie: ROOTED IN LOVE – Integrating Ignatian spirituality into daily life
Wat is Ignatius-spiritualiteit? ’n Spiritualiteit is nie ’n aparte godsdiens of denominasie nie. Ons kan dit eerder beskou as ’n fokus of ’n lens waardeur ons ons geloof beskou of uitleef. Dit sluit sowel ’n ingesteldheid as bepaalde praktyke in wat vorm gee aan die wyse waarop ons God sien, en die wyse waarop ons…
Hanneke Lubbe, medestigter van Hospice Bloemfontein is baie dankbaar oor die IPU (In-Patient Unit), wat ’n ruk gelede by die Siësta Aftree-oord, die oudste aftree-oord in Bloemfontein, in gebruik geneem is.
“Dit is so goed en huislik moontlik ingerig en bied ’n tuiste aan pasiënte en hul families in die laaste fase van terminale siektes,” vertel Hanneke.…
Die gebruik van die woord “pelgrimstog” in sommige kontekste is dalk misleidend – en mag iemand dalk net op ʼn dwaalspoor lei – en benodig myns insiens herdefiniëring. Kortom, waaraan dink ons as ons die woord “pelgrimstog” hoor?
Die HAT verklaar dit soos volg: “Persoon wat na ʼn heilige plek reis om daar te aanbid;…
As mens in die lente met die N7 langs oor die Olifantsrivier na Klawer ry, staan mens op ’n mooi reënjaar verstom oor hoe die landskap in uitbundige kleure uit sy nate bars. Maar dis eers as jy die Van Rhynspas uitry na Nieuwoudtville dat jou asem behoorlik wegslaan. En dis waarvandaan die NG Gemeente…
As jy vandag aan die pastoriedeur van die NG Gemeente Heuwelsig in Bloemfontein klop, sal jy verwelkom word deur die lewenslustige ds Craig Salzmann, vroeër van die NG Gemeente Hospitaalpark, ook in Bloemfontein.
Maar wie is hierdie man wat die buiteluglewe so geniet en ’n liefde vir fietsry en kunsaashengel het?
Craig is gebore in…
ANAM CARA: Spiritual wisdom from the Celtic World deur John O’Donohue
Kinders weet dat die wêreld baie vreemd is. Hulle kan ure na ’n sprinkaan staar en heel middag op hul rug lê om die wolke dop te hou. As ons ouer word, verloor ons dikwels die gawe van verwondering.
Spiritualiteit is in ’n sin om…
Op 23 en 24 November het sowat 100 predikante, kerkraadslede en lidmate by Summerwood (net buite Bloemfontein) bymekaargekom vir ’n 2-dag konferensie waar saam gepraat is oor bandpunte wat tans die kerk in die Vrystaat raak. Die volgende sake het aan die orde gekom tydens die konferensie:
'n Pastorale gesprek: Hoe gaan dit met die…
Ek onthou nog as kind hoe die dominee daar van die preekstoel af vertel van Christus se laaste opdrag – dat sy dissipels sy Goeie Boodskap tot aan die uiteindes van die aarde moes bring. Dit was natuurlik nie ’n maklike taak nie, want dit het beteken dat jy in ’n vreemde taal en kultuur…
Saam met ʼn paar kollegas lees en herkou ons die afgelope weke aan Willie James Jennings se After Whiteness – An Education in Belonging (Eerdmans, 2020). Die begrip “whiteness” mag lesers dalk onmiddellik orent laat sit, en/of sommer net afsit, en daarom is die “after” wat dit voorafgaan myns insiens so belangrik. “After whiteness” is ambivalent, dubbelsinnig;…
In die vorige uitgawe van Vrypos beskryf ds Jan Lubbe die heilige grond as: “’n Geheimenis tussen God en die geroepene.” Dit was in die aanloop tot hierdie skrywe dat my oog op die bogenoemde aanhaling geval het.
In die ervaring en opdrag om geestelik te begelei, kom jy agter dat ‘n mede-gelowige jou toelaat…
Foto: V.l.n.r.: Prof. Nathan Chiroma (Pan Africa Christian University), dr Daniël de Wet (Ekumeniese Vennootskappe in Afrika, Kaapland), ds Hannes Theron (Programkoördineerder, NetACT), Prof. Margaret Muthwii (Visekanselier van PAC), dr Nico Mostert (Vennote in Getuienis, Vrystaat), dr Sas Conradie (Tearfund) en prof. Dan Kiambi (adjunk-visekanselier Akademiese Sake van PAC)
“Ons is Kerk in Afrika en…
Diegene wat al na ’n terminale pasiënt moes omsien, sal weet hoe nodig jy fisiese en emosionele ondersteuning in hierdie uitdagende tyd nodig het. Dit kan jou dikwels oorweldig, veral as jy die hoof-steunpilaar in hierdie brose situasie is. Daarom is dit vir mense in sulke omstandighede ’n groot hulp as daar ’n Hospice in…
Op 3 November het dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis, met die moderatuur van die Reformed Church in Zambia vergader.
Dié susterskerk in Zambië het die afgelope paar jaar 'n baie mooi groei getoon en bedien tans meer as 'n miljoen lidmate. Die COVID-19 pandemie het egter dié kerk finansieel baie swaar getref,…
“Dit gaan nie oor randsake nie, maar om die hart van die Evangelie.” “Dit is heilige grond, ‘n geheimenis tussen God en die geroepene.” “God roep ons soos ons is, maar los ons nie soos ons is.” “Namate ons na die Here draai, draai ons ook na die wêreld.” “In baie dorpe moet ons leer…
Two guys walked into a bar. The third guy ducked. Daar is letterlik duisende van hierdie soort grappe. ‘n Storie wat begin met “Twee sendelinge stap in ‘n kroeg in …”, kan ook vir ‘n grap aangesien word. Dit is egter presies wat ‘n paar dae gelede met my en Dirk Taljaard gebeur het.
Sien, die…
Sinodale Konferensie – 'n geleentheid om deel te neem aan die vorming van die Agenda vir die Vrystaat Sinodesitting.
Die komende Sinodale Konferensie wil aan predikante, lidmate en gemeentelede die geleentheid skep om saam na te dink en te praat oor sake wat tans in die brandpunt is. Die brandpunte is geïdentifiseer na aanleiding van…
Lana Del Rey sing in een van haar liedere hierdie frase: “Don't ask if I'm happy, you know that I'm not. But, at best, I can say I'm not sad.”
Hierdie woorde resoneer sterk by my aanvoeling oor die huidige konteks waarin ek myself vind, maar ek dink ook baie van ons. Daar is in…
Wat ’n wonderlike voorreg om saam met jong leraars te kan kuier en meer te leer oor die bediening waarbinne baie van ons ons self bevind. Die Kuratorium skep saam met die Sinode van die Vrystaat vir jong leraars die geleentheid om twee maal per jaar VBO-punte te kan verdien deur ’n retreate by te…
‘n Gewone dag breek aan. Die wind is vroeg liggies aan die roer en in my gemoed steek daar ‘n waarskuwingsvuurtjie aan. Ek kyk oor die vlaktes uit waar die skape deur die droë gras probeer lyf kry. Ek sien hulle selde gaan rus, want die gras se voeding uit die droë kos is maar…
Hoe gemaak as jy ’n geliefde het wat einde-van-lewe-versorging benodig en jy weet nie waar om vir raad en hulp te gaan aanklop nie? As jy gelukkig is, is daar ’n Hospice naby jou. Deesdae is Bloemfontein ook een van dié gelukkige plekke wat hierdie onontbeerlike diens kan lewer, danksy Hanneke Lubbe, stigterslid en bestuurder…
Hoe help ék my geliefde om te voel hulle word ‘gehoor’ en ‘raakgesien’? Onthou dis baie keer die gevoel van isolasie en ‘n omgewing wat nie ondersteunend is aan behoeftes nie, wat veroorsaak dat persone met demensie swak ‘mental health’ ervaar.
Aktiewe luistervaardighede (Google dit). Al verstaan jy nie wat die persoon sê nie, kyk…
Dit kan ’n boeregemeenskap breek as die landbou skade ly, omdat daar soveel mense en sekondêre ondernemings van ons voedselbronne afhanklik is. As hierdie bronne dan bedreig word deur verwoestende brande, raak dit nie net boerderyondernemings nie, maar ook die ganse gemeenskap.
Sedert verlede jaar het ook Boshof met hierdie afgryslike ramp te kampe gehad. …
In Fareed Zakaria se Ten lessons for post-pandemic world is daar twee lesse wat my nog altyd bybly, naamlik “Life is digital” en “Aristotle was right – we are social animals”. Let wel, dit is twee aparte lesse en nóg ʼn geval van die een óf die ander, of selfs die een as die ander. Dit is…
Bladmusiek is slegs vir die ingewydes wat musieknotasie ken. Klanke wat deur instrumente voortgebring kan word, word op en tussen vyf lyntjies en vier spasies “geskryf”. Hierdie musiekskrif wat uit sekere note, simbole en tekens bestaan, word deur musikante gebruik om die komposisies te lees en ook te interpreteer. Elke noot, simbool en teken op…
Referaat gelewer by die Excelsus Lentekonferensie, Universiteit van Pretoria | 15 September 2021
Foto: Bavinck Hoogleraar Kampen ca 1883
“Wij staan voor een geheel nieuwe orde van zaken. Er zijn machten opgetreden waartegen het Christendom nog nooit zijn krachten heeft beproefd; verschijnselen, waarvan de kerk nog nimmer zich rekenschap gaf. Daar is de moderne staatsidee…
As jy weer in jou Mitsubishi- of Toyota-voertuig klim, kan jy gerus net ’n oomblik stilsit en daaraan dink dat dié bakkie of motor sy oorsprong daar ver in Japan gehad het – daar waar jy ook deel van ’n geloofsfamilie is en waar die jong Elmar en Nadine du Rand een van ons Missie…
OORFONE PROJEK
Ons het verlede week nog vier oorfone oorhandig aan Melissa Kilian, arbeidsterapeut van Ons Tuiste.
(Foto verskaf)
Die skenker van R2 000 is Carlos Marques van Meyerton. Die volledige stel met die geheuekaart kos bykans R500 per stel. Ons het welkome afslag gekry by Kloppers.
Die musiek oor die oorfone verskaf baie vreugde aan die…
Dr Martin Laubscher verwys in die vorige uitgawe van die Vrypos na ‘n insident waarin ‘n lidmaat die erediens verlaat het omdat daar verwys is na Belhar. Uiteraard het dr Laubscher ‘n belangrike gesprek ontlont oor hoe die NG Kerk die nagmaal vier. Maar, daar is ook ander aspekte aan die gebeurtenis wat nadenke benodig.…
Dis veral met Nuwejaar dat ’n mens baie bewus word van waar die nuwe dag rooi begin breek in die Verre Ooste; daar waar Japan een van die eerste lande is wat klappers begin skiet. Dan raak mens baie warm om die hart as jy onthou dat ons ook dáár ’n NG Kerk-geloofsfamilie het wat…
Die boek word aan die hand van die volgende indelings bespreek:
1. Kortliks oor die skrywer.
2. Die doel van die boek.
3. Historiese agtergrond.
4. Wat wil König met hierdie boek bereik?
5. …
Rikus van Zyl, predikant van die NG Gemeente Edenburg, deel met ons hoe die twee brande van die afgelope jaar hul omgewing geraak het. Hy vertel: ”Op 18 Junie 2021 verhuis ons uit Bloemfontein na Edenburg (op die N1 so 70 km suid van Bloemfontein) waarheen ek ’n beroep as deeltydse leraar aanvaar het. Ek…
Vennote in Getuienis in samewerking met die Barnabasfund bied aan: Fokus op die vervolgde kerk
Datum: Sondag 31 Oktober tot 7 November
Die onlangse gebeure in Afghanistan laat opnuut die vraag ontstaan oor wat gebeur met die kerk in lande waar godsdiensvryheid nie so vanselfsprekend is nie? Die Taliban is nie bekend vir hulle aanvaarding van…
Die ontstaan van die NG Kerk se getuieniswerk in Japan - onder toesig en sorg van ons Japannese susterskerk, die Christelik-Gereformeerde Kerk van Japan, oftewel die RCJ - dateer meer as 50 jaar gelede. Ons is regtig dankbaar om daarby betrokke te wees en ook tans, ná meer as 12 jaar se werk in Japan,…
Ouderdom is ‘n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.
(Spreuke 16: 31)
NG Gemeente Aandbloem se Kommissie vir Gerontologie het onlangs hulle naam verander na: Die Kommissie vir Betekenisvolle Veroudering. Dit is veelseggend. Hulle moes kies tussen verskillende moontlikhede wat vandag die Gerontologie scenario oorheers.
Optimale veroudering Klem val veral…
Die afgelope week het 'n geskiedkundige vergadering in die kerk plaasgevind te Emseni in Kemptonpark. Dit was die jaarlikse Kerklike Maatskaplike Dienste-vergadering wat plaasgevind het. Dit is ‘n vergadering waar alle kerklike Maatskaplike diensorganisasies van die NG Kerk bymekaar kom en saam dink en praat oor maatskaplike werk. Wat hierdie vergadering besonders gemaak het, is…
Ons vier nagmaal in die gemeente, en die dominee het besonderse moeite gedoen met die liturgie. In plaas van die gebruiklike formulier, word daar vrylik en keurig omgegaan met die “belydenisskrifte” soos ons die tafel nader. Ek wens meer van my studente was hier om dit te kan aanskou en te sien “dit is hoe…
Soos die meeste van ons is Carin nie werklik my naam nie, dit staan nie op my identiteitsdokument nie en ook nie iewers in 'n doopregister nie. Julle sal sien dat ek dokumente onderteken as CHJ van Schalkwyk. My volle name is Catharina Hester Johanna. Dit is name wat nooit gebruik word nie - my…
“Wat is kontemplantiewe kuns?” vra iemand. Dis makliker om dit te ervaar as om dit te verduidelik. Kom ek vertel ’n storie teen die agtergrond van die onlangse plundering en geweld in KZN. Ek is deel van ’n Zoom-groep wat kunsklasse neem by Hermine Spies-Coleman, ’n kunstenares met ’n ateljee in die KZN-Middellande naby Howick.…
By die laaste sinodesitting is die sogenaamde “dertig persent”-besluit geneem. Hiervolgens moes gemeentes se bydraes vir werk in meerdere verband (algemeen bekend as pro-rata bydraes) met 30% verminder word tydens die reses. Dit is sedertdien gedoen en die bedrag wat verhaal word van gemeentes het jaarliks verminder. Die dilemma is egter dat baie gemeentes finansieel…
Foto: Mariëtte Odendaal
Mariëtte Odendaal is ’n mediakonsultant wat ’n passie vir inspirerende stories het. Sy reis graag en hou daarvan om interessante mense en onbekende kulture te leer ken. Een van die lekkerste werke wat sy al ooit gedoen het, is haar betrokkenheid by die kommunikasieplatforms van ons NG Kerkfamilie Kaapstreek se Afrika Ekumene-inisiatiewe. Sy…
Een van die bekendste Xhosa-gesegdes, Umntu ngumntu ngabanye abantu (’n mens is ’n mens deur ander mense), kry nuwe betekenis as jy die storie agter die hoopgewende Ooshoek Beursfonds hoor.
Wat maak jy as jy in ’n kerkbank sit, werkloos is en jou toekoms uitsigloos voor jou uitstrek terwyl jy hoor hoe die predikant Sondag vir Sondag…
Kort na ek die bediening in 2013 betree het, draf-stap ek 'n hospitaal in Kimberley binne om 'n lidmaat te besoek. Die sekuriteit stop my vinnig: "Dit is nie nou besoektyd nie." Ek verseker hom vinnig dat ék die predikant is van die gemeente waarin sy is. Ons kom van Jacobsdal en ek het spesiaal…
Adrie Potgieter is onlangs as predikant by die NG Gemeente Senekal-Noord bevestig, maar wie is hierdie avontuurlustige natuurliefhebber wat graag stap en boonop ’n ywerige leser en wynversamelaar is?
Adrie is in Virginia gebore waar sy grootgeword het en waar haar ouers steeds woon. Sy was op Laerskool Virginia Volkskool en voltooi haar skoolloopbaan aan…
Die boek handel hoofsaaklik oor die balanseer-toertjie wat vroue moet uitoefen tussen ouerskap en die beroepswêreld. Die boek lig baie suksesvol uit hoe sterk seksisme in die werksplek nog aanwesig is. Die skrywer het noukeurig navorsing gedoen oor die onderwerp en sy is ook bereid om haar eie mislukkings en tekortkominge te erken.
Die volgende…
“The City of God” verdien eintlik ‘n verhandeling en dit is onmoontlik om in die bestek van hierdie paar gedagtes reg aan die boek te laat geskied. Indien jy egter die moeite doen om die boek te lees, sal jy verstaan waarom hierdie werk so ‘n groot invloed op mense soos Johannes Calvijn en selfs…
Die handleiding “IN PAS met die lewende God – Ritmes en gewoontes vir roepingsgetroue gemeentes” is deur Gert Cordier as redakteur saamgestel en word in verskeie Vrystaatse gemeentes benut. Vind meer uit op die webtuiste https://www.inpas.co.za/
Die IN PAS-werkgroep gee riglyne vir predikante en gemeenteleiers na aanleiding van die vraag: “Hoe bly ons in pas met…
Artikel deur Gerontologie Netwerk
Reeds in 2017 het dr Pali Lehola, die direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Statistieke, besorgdheid uitgespreek oor die implikasies van die geweldige toename van bejaardes in Suid-Afrika. Hy wys uit dat daar tussen 2011 en 2016 ‘n “kommerwekkende” 9% toename is van mense oor 60 jaar in ons land. Alhoewel die blankes…
Die identiteit van die prediker speel ‘n belangrike rol in die opdrag en roeping van die bediening van die Woord. Of dit is in die interpretasie van die Bybel of in die kuns van die verkondiging self, kan geen prediker ontslae raak van hul unieke menslikheid nie. Die persoonlikheid, self-verstaan, en karaktereienskappe van die prediker…
“Nou wat sê die kerk?” of “Wat sê die Sinode hieroor?” ‘n Reaksie of opmerking wat mens nogal gereeld die afgelope tyd hoor van baie lidmate op ‘n verskeidenheid van gebeure of kwessies in die samelewing en binne die kerk. Dit laat mens nogal wonder oor wat lidmate se verstaan van die “kerk” is. Is…