Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Vennote in Getuienis in samewerking met die Barnabasfund bied aan: Fokus op die vervolgde kerk

Vennote in Getuienis in samewerking met die Barnabasfund bied aan: Fokus op die vervolgde kerk

Datum: Sondag 31 Oktober tot 7 November 

Die onlangse gebeure in Afghanistan laat opnuut die vraag ontstaan oor wat gebeur met die kerk in lande waar godsdiensvryheid nie so vanselfsprekend is nie?  Die Taliban is nie bekend vir hulle aanvaarding van Christene nie, maar so is vele lande in Afrika, Asië en die Midde-Ooste ook nie gunstig teenoor Christene wat in dié lande woon nie. 

Ons vennoot, Barnabasfund, is al jare lank werksaam in lande waar Christene swaarkry en selfs uiterste vervolging beleef. Daarom bied ons, in samewerking met hulle, ‘n week lange fokus op die vervolgde kerk aan. Gemeentes, leraars, getuieniskommissies en lidmate kan inskryf en ontvang daarmee (gratis) die volgende hulpbronne: 

1. Wat is vervolging? (Persecution explained) SCAAW video (Klik op skakel na ‘n video) 

2. Bybelstudie-materiaal vir klein groepe 

3. 8 Dae se dagstukkies 

4. Preekriglyn vir Sondag se erediens uit Jes 40:1-11

5. Powerpoint vir die erediens (in Engels wat self vertaal kan word)

6. ‘n Nuwe lied wat die gemeente kan aanleer tydens die erediens. Daar is ‘n opname beskikbaar https://vimeo.com/589288456/36fa5aaacd asook bladmusiek. 

Daar sal ‘n aanlyn bewusmaking- en bekendstellingsgeleentheid wees vir die Fokusweek op die volgende datums: 27 en 28 September om 10:00 of 17:30, asook 11 en 12 Oktober om 10:00 of 17:30, waaraan gemeentes en individue kan deelneem om die week se fokus beter te verstaan. 

Om die Zoom-skakel te kry vir die inligtingsessie: klik hier

Elke deelnemer ontvang ‘n deelnemersboek wat die deelnemer stap-vir-stap begelei deur die week. 


Inskrywings vir gemeentes en individue om deel te neem aan die Fokusweek en om die materiaal te ontvang, kan hier gedoen word. (klik op die skakel)