Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

De Wets op pad na Japan as ‘brug’-sendelinge

– ’n Versoek tot biddende ondersteuning – Tobie en Annalie de Wet, wat ná hul aftrede as sendelingspaar van meer as twintig jaar by die Reformed Church in Japan (RCJ) nou al geruime tyd op Swellendam woon, is nou weer op pad terug na Japan. Hierdie keer as “brug”-sendelinge. Ons NG Kerk (Missie Japan) staan in 'n amptelike sustersverhouding…

Read More

Dr Mostert benoem as ACTEA-raadslid

Hiermee wens ons vir dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis, veels geluk met sy benoeming as raadslid van die Association for Christian Theological Education in Africa (ACTEA). Die twee hoofredes vir die bestaan van hierdie belangrike assosiasie is: om akademiese akkreditasie van teologiese programme aan te bied deur 'n streng proses van gehalteversekering en aanspreeklikheid, en…

Read More

Vrystaat teenwoordig by RCA Sinodesitting

Gedurende die eerste week in Oktober het ons susterskerk wat onstaan het uit die bediening aan die Indiërbevolking hier in Suid-Afrika, die Reformed Church in Africa (RCA), hul sinodesitting in Hillton, Natal gehou. Dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis, het dit op 4 en 5 Oktober bygewoon. “Dit was ’n goeie sinodesitting,” vertel Nico. “Die…

Read More

“Ons is deel van ’n groter geheel …”

Die pragtige handelstad, Karlsruhe in Duitsland, wat langs die magtige Rynrivier geleë is, gaan tans swaar gebuk onder klimaatsveranderinge wat as gevolg van die somerdroogte tans die skeepsvaart bemoeilik en die ekonomie onder groot druk plaas. Die afgelope tyd het dié stad egter in ’n miernes van kerklike bedrywighede ontaard toe die elfde Algemene Vergadering…

Read More

Op besoek aan ons geloofsfamilie in Kenia

Foto: V.l.n.r.: Prof. Nathan Chiroma (Pan Africa Christian University), dr Daniël de Wet (Ekumeniese Vennootskappe in Afrika, Kaapland), ds Hannes Theron (Programkoördineerder, NetACT), Prof. Margaret Muthwii (Visekanselier van PAC), dr Nico Mostert (Vennote in Getuienis, Vrystaat), dr Sas Conradie (Tearfund) en prof. Dan Kiambi (adjunk-visekanselier Akademiese Sake van PAC) “Ons is Kerk in Afrika en…

Read More

Vennote in Getuienis in samewerking met die Barnabasfund bied aan: Fokus op die vervolgde kerk

Vennote in Getuienis in samewerking met die Barnabasfund bied aan: Fokus op die vervolgde kerk Datum: Sondag 31 Oktober tot 7 November  Die onlangse gebeure in Afghanistan laat opnuut die vraag ontstaan oor wat gebeur met die kerk in lande waar godsdiensvryheid nie so vanselfsprekend is nie?  Die Taliban is nie bekend vir hulle aanvaarding van…

Read More

Nuus vanuit Eswatini (Swaziland), voorbidding word dringend vir hierdie saak gevra

Hier volg 'n brief ontvang vanaf ds Arnau van Wyngaart, leraar in Eswatini (Swaziland): Kollegas, mag ek langs hierdie pad vir julle vra vir voorbidding vir Eswatini (Swaziland). Soos wat ek hier skryf, is Eswatini letterlik besig om te brand. Daar is die afgelope jare sporadies opstande teen die regering en veral die rojale regeringstyl…

Read More

Ons Reformed Family Forum in ‘n tyd van pandemies

Aangepas deur dr Nico Mostert vir VRYPOS Vennote in Getuienis is ’n lid van die Reformed Family Forum (http://rff.christians.co.za/), ‘n instansie waar al die kerke in Afrika wat uit die NG Kerk ontstaan het deur hul General Secretaries (sinodale bestuurders) verteenwoordig word – ‘n verteenwoordiging van meer as 8 miljoen gelowiges in Afrika. Vennote in Getuienis ondersteun hierdie…

Read More

116 | Maatskaplike NOODLYN