Sedert Maart 2021 is ek as tentmakerleraar verbonde aan die NG Kerk Bloemheuwel waar ek reeds 26 jaar lidmaat is.
Ek het doelbewus ‘n akademiese loopbaan gekies omdat ek soos my professore die wêreld van idees wou verken, maar ook aangespoor was deur oortuiging dat die Christelike geloof ‘n verskil aan die wêreld kan maak.…
Anton Meiring is gebore as ‘n Oos-Kapenaar op 30 Januarie 1960, het skoolgegaan in onder andere die Langkloof en matriek geskryf by die Nico Malan Hoërskool op Humansdorp. Hy onthou met groot dankbaarheid onderwysers op sy lewenspad wat ‘n groot rol gespeel het in sy vormingsjare. Van kleins af het hy ‘n diep bewustheid van…
Ek het die eerste maal in my lewe bewus geword van die examen toe ek ‘n pastorale kursus gedoen het. Dit was lewensveranderend. Dit het my genoeg geprikkel om meer daarvan te leer. Soms is die lewe, soos hy maar loop, so erg intimiderend dat ‘n mens stom voel. Om agtergrond te gee, was St Ignatius van…
Ons sal nie gaan lê nie. Ons sal opstaan. Dankie Here dat U voor ons uitgaan en ons sterk maak. Soms gaan die bitter beker nie by ons verby nie, ja soms moet ons daaruit drink. Maar ons bly onthou dat ons in en deur God se genade lewe. Ek hoef vir niemand te sê…
Liewe Broers en Susters
Ons het sedert die naweek weer pynlik bewus geword van die broosheid van ons gemeenskappe. Wanneer ons kennis neem van alles wat rondom ons aan die gebeur is, wil ons vra: "Waarom, Here, bly U so ver weg, waarom verberg U Uself in tye van nood?" (Ps 10:1) Dis ons belewenis as ons rondom…
Heil en huil klink dieselfde, maar die spelling (én betekenis) is verskillend. Só ook sou ons maklik geskiedenis as geskeidenes kon lees en spel, maar dan is dit sonder enige hoop. Laat ons die geskiedenis nie verwar met geskeidenes nie, want daar is hoop! Trouens, hoop wil nie net rym met die geskiedenis nie, maar…
“Met goedkeuring van die Sinode is ‘n begin gemaak met ‘n Evangelisasiesentrum, ook genoem Bybelskool; ‘n stuk grond van 25 morge, twee myl van die stad se noordelike grens, met geboue en gronde pragtig uitgelê, is gekoop teen ‘n bedrag van £10,000 met oordragskoste”. So lui die 1960 Sinode se notule onder Evangelisasie en Aktuele…
Die woord “leierskap” het in die tweede helfte van die vorige eeu amper magiese status gekry as ‘n soort van “goue sleutel” wat alle uitdagings in interpersoonlike en organisasie-dinamika oopsluit. Waarskynlik honderde duisende boeke en artikels het sedert 1920 hieroor verskyn. In die laaste twee of drie dekades het daar egter ietwat van ‘n kentering…
So ‘n tyd gelede is ons hier in Bloemfontein geruk met die beelde van brandende bande en betogers in die strate wat die hele stad tot stilstand geruk het. Die rede hiervoor was dat die gebrek aan dienslewering vanaf die Mangaung munisipaliteit, daartoe gelei het dat die gemeenskap van Bloemfontein se geduld kookpunt bereik het.…
Hier volg 'n brief ontvang vanaf ds Arnau van Wyngaart, leraar in Eswatini (Swaziland):
Kollegas, mag ek langs hierdie pad vir julle vra vir voorbidding vir Eswatini (Swaziland). Soos wat ek hier skryf, is Eswatini letterlik besig om te brand. Daar is die afgelope jare sporadies opstande teen die regering en veral die rojale regeringstyl…
Vriende in Christus,
KENNISGEWING –
1. VERKIESING VAN ‘N NUWE ONDERVOORSITTER VAN DIE MODERAMEN
2. UITSTEL VAN SINODESITTING SEPTEMBER 2021
Die Moderamen het op 17 Junie via Zoom vergader. Tydens die vergadering is die volgende besluite geneem wat ons dringend onder u aandag wil bring:
1. VERKIESING VAN 'N NUWE ONDERVOORSITTER VAN DIE MODERAMEN Ds…
Ek het etlike jare gelede op aanbeveling van ’n vorige spirituele begeleier kennis gemaak met Richard Rohr en Falling upward. Ek het die boek intensief bestudeer en onderstreep en aantekeninge gemaak, en dis een van die boeke in my lewe waarheen ek telkens terugkeer en waaruit ek weer en weer wysheid put – en telkens in ’n…
As dominees word ons geleer hoe om met lidmate te werk wat kanker het. Ons word geleer hoe om geestelike gesprekke met hulle te voer en hoe om hulle voor te berei op die prosesse wat gaan kom: van 'n operasie deur tot by chemo en bestraling tot by begeleiding deur die terminale fase heen.…
Die historiese band tussen die NG Kerk in die Vrystaat en die Reformed Church in Zambië (RZC) strek oor ‘n periode van meer as 120 jaar. Oor die jare heen is talle fasette van samewerking met die RCZ aangespreek, wat ‘n sterk klem op onderwys ingesluit het. Hierdie samewerking het skool- asook tersiêre vlak ingesluit.…
Op Maandagaand, 24 Mei, het ‘n kleine skare, gemaskerd teen Covid en die koue, in die NG Gemeente Universitasrif byeengekom vir die legitimasie van drie kandidate vir die bediening. Elkeen van hulle het met ‘n unieke pad tot hiertoe aangekom, oortuig dat dit die Here self is wat hul roep en wat deur die jare…
Ek is op die Vennote in Getuieniskommissie van die Sinode. Die liefde vir dit waarmee die Vrystaat Sinode al vir dekades lank besig is, het ‘n diep indruk op my lewe gemaak, veral in die laaste paar jaar. Ek het geleer dat ‘n hart vir sending altyd deel moet bly van ‘n leraar se lewe…
In 2018 het 'n goeie vriend my aanbeveel om hierdie boek te lees. Dit is in 2015 gepubliseer en is na my mening een van die beste boeke oor leierskap in veranderende tye. Ek vind dat dit baie nuttig, insiggewend en relevant is vir leierskapkwessies, veral in die Kerk.
Die skrywer, Tod Bolsinger, was tien…
Arlington is een van die kleinste NG-gemeentes in die Vrystaat, maar die gemeente het ‘n groot hart. Die gemeente is geleë in die Riemland, ‘n vrugbare landboustreek in die Sentraal-Noordoos Vrystaat. Arlington is ‘n bitter klein dorpie, maar soos die geval is met die meeste sulke plattelandse dorpies, is daar ‘n groot township, met geweldige…
‘n Paar jaar gelede het ek in Bethlehem bedien. Een van my verantwoordelikhede was die kinderbediening. Dit was altyd vir my verskriklik lekker om met die “kids” te kon werk. Natuurlik het hulle by hulle ouers gehoor van ‘n “groot” woord met die naam “Dominee”. Vir hulle was ek egter net ‘n oom wat saam…
Lectio divina is ’n geloofsgewoonte (losweg vertaal as: om met geheiligde oë, ‘God se oë’, te lees) en is ’n tradisie uit die vroeë kerk. Dit het ontstaan omdat die monnike in die destydse kloosters meestal ongeletterd was. Die gebruik was dan dat die daaglikse Skriflesing waargeneem word deur een van die enkele geletterdes onder hulle geledere.…
Tydens die Clarens-retreat vir ringsverteenwoordigers is daar op die program tyd ingeruim vir plaaslike stemme uit Clarens om vir die dominees te vertel van hulle persoonlike belewenis van die NG Kerk. Een van hulle was Jabulani Mokoena, ’n jong man wat in Clarens grootgeword het. Hy is ’n opgeleide toergids en regstudent aan die Vrystaatse…
Ons lees in die skeppingsverhaal dat God vir die mens ‘n tuin in Eden aangelê het; ‘n tuin met bome en riviere – ‘n lus vir die oog. Wat ons nie lees nie, is dat God, toe Hy klaar was met die paradys, nog baie verf op sy palet oorgehad het, in al die kleure…
Die afgelope week lees ek in 'n gespreksgroep op Facebook hoe die lede met mekaar praat oor eerskomende Sondag se Moedersdag en hoe dit gevier moet word in die eredienste. Wat my dadelik opval van die gesprek, is dat die persone wat daaraan deelneem, almal vroue is wat ook jong ma’s is.
Ek het begrip…
Teresa van Avila (‘n 16de eeuse non) het eenmaal gebid dat God tog asseblief moet kom “en die priesters vir ‘n slag goed kielie, want hulle preke is darem vervelig-ernstig.” Dis sy wat die gedig geskryf het:
“What a burden I thought I was to carry – a crucifix, as did He.
Love once said…
As studenteleraar hoor ek die afgelope jaar twee relatief gereelde opmerkings, nie net in sosiale kringe nie, maar ook in meer amptelike kerklike vergaderinge. Twee opmerkings wat mens ‘n oomblik verder laat dink oor dié kenmerk van die kerk: “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” (Joh 13:35). Opmerking…
Tydens die vergadering van die ATP in Wellington het prof Nelus Niemandt, rektor van die Hugenote Kollege, kom gesels oor leierskap in ʼn tyd van pandemie. Ek het ’n paar aantekeninge gemaak:
Ons beskik nie oor navorsing oor hoe die kerk in vorige tye pandemies soos die Spaanse griep hanteer het nie. Daar is heelwat…
Wát ‘n jaar was 2020 nie, en is 2021 steeds... vanjaar vier ons vir die tweede keer opeenvolgend Vryheidsdag, terwyl ons weliswaar nié so vry is nie. Dié keer word ons almal oor dieselfde kam geskeer, en word niemand gespaar nie.
Hierdie “on”-vryheid waarin ons ons tans bevind, kan egter in geen opsig vergelyk word…
Tydens ʼn onlangse drie dae-lange skrywerslypskool in Wellington, het ons opnuut weer ontdek watter vriend het ons (óók) in die kerk, en veral by name, in Kerkbode. Martin Laubscher vertel kortliks wat daar gebeur het, en waarom “Word ʼn vriend van Kerkbode” vir hom so ʼn verfrissende idee is.
Die Algemene Sinode van die NG…
Dietrich Bonhoeffer is sekerlik een van die teoloë uit die vorige eeu wat uitmuntend daarin geslaag het om te oortuig dat christenskap nie beperk is tot religieuse byeenkomste of dalk net godsdiens nie. Hy het dit beklemtoon dat christenskap sy neerslag vind in die lewe in totaliteit.
Wanneer ‘n mens boeke soos “Nachfolge” of “Letters…
By die afgelope herfs-gradeplegtigheid van die Universiteit van die Vrystaat, het vier studente van die NG Kerk hul BDiv-grade in die Fakulteit Teologie en Religie ontvang. Al vier is tans besig met hul MDiv-graad en voltooi DV aan die einde van 2022 hul opleiding. Dit is ‘n voorreg om van die kant van die Kuratorium…
Die afgelope week is daar in my “inbox” twee ontstellende e-posse. Een van kollega prof Sunday Agang uit die noorde van Nigerië en een van kollegas uit Mosambiek. Sunday vra voorbidding omdat die Boko Haram Christen-gemeenskappe teiken met ‘n eskalasie in geweld en plundering. In Mosambiek het die aanvalle in Palma tot gevolg dat mense…
Ons behoort met heilige eerbied oor God te praat. Na my oortuiging eerder stamelend waag as te versekerd spreek. Die Bybel getuig in metafore oor God en ons kan nie anders as om die Gans Andere metafories te bedink en te aanbid nie. Twee van die bekendste en mees geliefde metafore van God vind ons…
Oor die afgelope Paasnaweek het ek vir die eerste keer in sowat ses jaar besluit om oor Paasnaweek verlof te neem sodat ons as gesin saam kan rus oor ʼn naweek wat normaalweg baie besig is met eredienste en voorbereidings. Ek en my vrou het besluit dat ons by my skoonfamilie gaan kuier in Belfast.…
Toe ek jonk was, was ek oortuig dat ek ‘n vlieënier gaan word. Om die wêreld te kan sien en verantwoordelik te wees vir soveel ander mense se lewens. Volgens Hettie Brits se boek, “Kweek kinders met karakter”, floreer ek op verantwoordelikheid.
Toe ek ouer word het dit geskuif van vlieg na bou, ‘n siviele…
Die Sinode van die Wes-Kaap het ’n vraelys aan gemeentes gestuur om inligting in te win oor die stand van gemeentes in die tyd van Covid-19. Die inligting is verwerk op 5 Maart 2021. Van die belangrikste inligting wat na vore gekom het, is die volgende:
Gemeentes het ‘n inkrimping in die jaarlikse inkomste van…
President Ramaphosa het op 30 Maart 2021 'n aankondiging rakende die verslapping van inperkings ten opsigte van kerke gemaak met die oog daarop om hierdie jaar Paasfees te vier. In kort kom dit daarop neer dat daar nou 250 lidmate in die gebou kan saamkom om Paasfees te vier, mits dit nie die kapasiteit van…
Verstedeliking. Net by die aanhoor van hierdie woord wil 'n mens amper so bietjie verstar. As jy van die platteland afkomstig is of steeds daar bly, dan is die woord amper ‘n soort “bang” of “skrik” woord. Die rede is omdat mense in plattelandse gemeenskappe en dorpe al hoe minder word en daarmee saam gaan…
Gedagtes vanuit Jesus se verhoor soos vertel deur Markus (onder andere)
Barabbas of Christus? Wie word vrygelaat? Wie word tereggestel?
Die Romeinse Goewerneur, wat die keiser as hoogste gesag in Palestina verteenwoordig, word voor hierdie keuse gestel. Hy het die mag om te besluit wie vrygelaat en wie tereggestel word. Hy moet natuurlik sy primêre…
Elke jaar hierdie tyd vier ons in die land Menseregtedag. Die datum wat vir hierdie dag gekies is, word direk in verband gebring met die Sharpville-slagting wat op 21 Maart 1960 plaasgevind het. Tydens hierdie slagting het betogers en Polisie slaags geraak en is 69 betogers dood geskied, die meeste van agter. Na afloop van…
Die vraag word baie geopper (veral van mense buite die kerk), waarom is die kerk so “verskeurd”? Die fragmentering van die kerk in ‘n veelheid van denominasies bly ‘n groot uitdaging vir die kerk - veral as die belydenis van die kerk is, dat die kerk een is. Uit die Gereformeerde belydenisskrif, Die Nederlandse Geloofsbelydenis, kom die…
18 Januarie 2021
’n Somber toekoms staar die aarde en alle lewe daarop in die gesig omdat mense nie ag slaan op waarskuwings oor biodiversiteitsverlies en die klimaatkrisis nie. Indien mense nie nóú hul gedrag verander nie, hou die toekoms ernstige gevare vir die mensdom in.
Dít is die waarskuwing deur 17 kundiges wat opgeneem is…
Die volgende Netwerk Sameroepers (sien foto) het op 8 en 9 Maart 2021 ‘n sinvolle beplanningssessie te Menuha gehad.
Netwerke Sameroepers
(Henco van der Westhuizen, Suzanne van der Merwe, Magdaleen du Toit, André Barlow)
(Christo Nel, Barnard Steyn, Waldemar Stumpfe)
(Afwesig: Carin van Schalkwyk & Francois Lamprecht)
Hierdie wegbreek het ten doel gehad om mekaar…
‘n Groep jong predikante en proponente het op 3 en 4 Maart deelgeneem aan ‘n opleidingsgeleentheid te Menuha, 20 km buite Brandfort. Dié geleentheid het gehandel oor praktiese leiding rondom trauma by sterfgevalle – veral onnatuurlike sterfgevalle. Me Hanneke Lubbe het gedien as die gespreksleier.
So baie maal word leraars gekonfronteer met trauma en sterfgevalle,…
As jy in ‘n oostelike rigting van die N1 af mooi kyk sien jy Winburg se konsentrasiekampkerkhof waar dit teen ‘n “plato’tjie” lê. Reg onderkant die 487 grafte, waarvan die meeste kindergraffies is, is ‘n klompie Britse soldate begrawe. Opvallend in die kerkhof is die grafsteen van Alice Draper (gesterf 17/01/1902), wat volgens die skrywer…
Ek wonder soms wat die wêreld sou wees sonder mense? In baie van hierdie “zombie” films is daar een of meer mense (humans) wat een of ander aanslag oorleef, en dan op mekaar aangewese is vir oorlewing. Dit speel dan gewoonlik af teen die agtergrond van ‘n “oormag” wat konstant ‘n aanslag loods teen die…
Die Raad vir Ondersteuning het op 22 Februarie ons eerste vergadering vir die jaar gehou. ʼn Aantal sake is bespreek wat ook vir gemeentes van belang is.
Begroting
Tydens die 2017 sinode is besluit om die begroting met 30% af te bestuur. Dit beteken dat gemeentes se totale sinodale bydrae 30% minder moet word. Met…
Die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) is ’n permanente kommissie van die Algemene Sinode wat beleid formuleer en die sinode adviseer oor alle aangeleenthede wat predikante, proponente en emeriti raak. Die prosesse wat predikante betref, het oor die jare so ontwikkel dat sake wat betref beleid, begeleiding, advies en bevoegdheidsaangeleenthede, nie meer fragmentaries hanteer word nie,…
Die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudings begin met ’n erkenning dat daar ’n vasgelooptheid oor die kwessie is. Die menings gaan só ver uiteen dat dit nie vir my lyk of daar ’n besluit kan kom wat almal tevrede sal stel nie. Aan die een kant is daar mense wat wil staan by…
Justo Mwale Universiteit:
Die oriënteringsklasse vir Juso Mwale Universiteit se eerstejaars van 2021 het op 11 Januarie begin. Sewentien het opgedaag. Twaaf uit die RCZ, drie van die CCAP Zambië en twee van die Evangelies Lutherse Kerk in Zambië. Onder die sewentien is drie dames.
Amptelik sou klasse op 18 Januarie begin het, maar weens Covid-19…
Ons hoor in die Bybel dat hoop en geloof hand aan hand stap. Hebreërs 11 vertel dit vir ons in die eerste vers: 1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Hoe voel dit om hierdie hoop te kry, of…
Ek moes dink wat skryf ek en wat nie. Dis amper my hele lewensverhaal as ek moet skryf oor my reis as eerste vrouepredikant in die NGK. Ek het besef ek sal net penstrepe kan trek.
In my finale jaar belydenisklas het ek skielik begin worstel met die vraag: Hoekom kan daar nie vrouepredikante wees…
In onsekere tye het ons as Gemeente besluit om weer bietjie hoop te bring na die gemeenskap. Die inperkingsmaatreëls het dit moeilik gemaak vir ALLE gelowiges om kerk toe te gaan, maar het ons NIE gekeer om wel "aan te hou kerk LEEF nie". Op 6 Februarie het die Oos gemeente in Kroonstad 'n virtuele wedloop gehou…
Beste broers en susters
Die Interimkomitee groet julle hier aan die begin van ‘n nuwe jaar en wens julle, ten spyte van die ongewone omstandighede, ‘n geseënde nuwe jaar toe. Ons stap hierdie pad saam met mekaar. Kom ons neem hande en plaas dit sáám in die Here se hande en vra in groot afhanklikheid: “Lei…
Daar is ’n tyd om gebore te word, van blydskap te dans, te omhels. En daar is ’n tyd om te sterf en te treur, ’n tyd sonder omhelsing, soms oorlog. Só lui die woorde van die Prediker oor tyd, kunstig bepeins: Sewe woordpare, 14 reëls oor wat tussen die begin en einde van ’n mens se lewe lê.
Nie oor ure…
Toe ons Dinsdagoggend as dagbestuur van die Kuratorium reflekteer op die vorige dag se ontmoetings en intense gesprekke oor teologiese opleiding, was dít die wyse woorde van ds Peet Louw van Riebeeckstad en voorsitter van ons Steunspan Diverse Opleidingsbane: “Dit is as mense mekaar ontmoet en in die oë kyk, dat kop-goeters in jou hart…
