Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Riglyne vir eredienste en begrafnisse – Aangepaste vlak 3 van inperking

Beste broers en susters

Die Interimkomitee groet julle hier aan die begin van ‘n nuwe jaar en wens julle, ten spyte van die ongewone omstandighede, ‘n geseënde nuwe jaar toe. Ons stap hierdie pad saam met mekaar. Kom ons neem hande en plaas dit sáám in die Here se hande en vra in groot afhanklikheid: “Lei ons, Here groot en magtig, U alleen ons hulp en krag.”

Ons beklemtoon andermaal die beperking op godsdienstige byeenkomste wat die President gisteraand aangekondig het. Daar mag géén godsdienstige byeenkomste gehou word tot 15 Februarie 2021, of tot verdere kennisgewing nie. Die énigste uitsondering is begrafnisse/roudienste, met ‘n beperking van 50 persone. Dit is vir ons almal swaar, maar kom ons hou by die reëls.

Die wêreldbekende Viktor Frankl wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vir drie jaar in die konsentrasiekamp in Auschwitz aangehou is, het dit oorleef ten spyte van miljoene wat hulle lewens verloor het. Hy het ‘n baie bekende boek, “Man’s searching for meaning”, geskryf na aanleiding van sy ervarings in die konsentrasiekampe. Daarin skryf hy dat gevangenes wat hulle hoop op die toekoms verloor het, onvermydelik die eerste was om te sterf.

Wanneer ‘n mens van sy ervarings lees, besef jy dat ons vandag in ewe moeilike omstandighede leef. Frankl eindig die eerste deel van sy boek waar hy oor sy ervarings in die konsentrasiekampe skryf, met die volgende woorde: “But for every one of the liberated prisoners, the day came when, looking back on his camp experiences, he can no longer understand how he endured it all. As the day of his liberation eventually came, when everything seemed to him like a beautiful dream, so also the day comes when all his camp experiences seem to him nothing but a nightmare. The crowning experience of all, for the homecoming man, is the wonderful feeling that, after all he has suffered, there is nothing he need fear anymore – except his God.”

Seënbede.

Dr Pieter van Jaarsveld (Voorsitter) | Ds Riaan van Zyl (Ondervoorsitter) | Dr Carin van Schalkwyk (Skriba) | Dr Bertus Celliers (Addisionele lid – STK)