Deur Mariëtte Odendaal
Vleilande is nie net belangrik ten opsigte van biodiversiteit nie, maar ook vir die ekologiese balans van ons planeet. Op Maandag 2 Februarie vier ons Wêreld-vleilanddag; ’n viering van die ondertekening van die Ramsar-konvensie in 1971. Hierdie konvensie fokus op die bewaring en volhoubare gebruik van vleilande wêreldwyd
Waarom is hierdie dag…
Deur Mariëtte Odendaal
DIDASKO beteken “om te leer” en is die nuwe VBO-handelsmerk van die NG Kerk Vrystaat onder leiding van Bedieningsbegeleiding. Dit bied ’n vars, dinamiese ruimte waar ons sáám kan leer, groei en mekaar toerus vir diens in God se wêreld. Die eerste onderwerp, Verantwoordelike hermeneutiek in die 21ste eeu, is via zoom…
Deur Mariëtte Odendaal
Kersfees bring altyd ’n gevoel van warmte, lig en oorvloed. Dis die tyd van blink liggies, geurige disse en geskenke onder die kersboom. Ons vergeet egter soms dat die fees van Christus se geboorte ons ook moet herinner aan die waarde van eenvoud en versorging – vir mekaar én vir God se…
Deur Mariëtte Odendaal
Op 18 November het ons Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat een nuwe teologiestudent, Jackie Smith (tans diensleraar), asook twee colloquium doctum-kandidate, Stéfan Coetzee en Flippie Kotzé, met leraarsbevoegdheid gelegitimeer. Hiermee wil ons hulle in ons sinode verwelkom en hulle ook aan julle voorstel.
Jacqueline Smith | NG Kerk Vrystaat, Fakulteit Teologie…
Deur Mariëtte Odendaal
Kom in November klaar met wat jy het Wanneer is genoeg genoeg? In 2010 het ’n eenvoudige maar kragtige beweging, Buy Nothing New Month, in Brittanje begin. Die doel van hierdie beweging was om mense aan te moedig om vir een maand geen nuwe produkte aan te skaf nie — nie as…
Deur Mariëtte Odendaal
DIDASKO beteken “om te leer” en is die nuwe VBO-handelsmerk van die NG Kerk Vrystaat onder leiding van Bedieningsbegeleiding. Dit bied ’n vars, dinamiese ruimte waar ons sáám kan leer, kan groei en mekaar kan toerus vir diens in God se wêreld. Die eerste onderwerp, Verantwoordelike hermeneutiek in die 21ste eeu, is…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Brueggemann sê: “Die wêreld vertel ons elke dag ’n verhaal van beheer, verbruik en vrees. Die Bybel vertel ’n ander een — van vertroue, vryheid en nuwe lewe. Die taak van die kerk is om hierdie ander verhaal te onthou, te vertel en te leef.…
Deur Mariëtte Odendaal
“Om jou gedrag en denke te verander, ís moontlik. Neuroplastisiteit – die brein se vermoë om nuwe verbindings te vorm – is ’n wonderlike stuk gereedskap tot ons álmal se beskikking, maar dit vereis herhaaldelike inoefening.” Dr Pieter van Jaarsveld
Op 30 September en 1 Oktober het dr Pieter van Jaarsveld, sielkundige…
Deur ds Louwrens Scheepers, sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk, Bedieningsbegeleiding
Ons eerste vyfdag-retraite is afgehandel. Vyf dae met ritmes van stilte. Vreemdelinge word vriende – in stilte en deur gedeelde ervarings, al luisterend na die stem van liefde en deernis. En dan word dit sigbaar wanneer dorpenaars verwelkom word en gesels en saam kom luister…
Deur Mariëtte Odendaal Laat ons dus elkeen in ons eie huis, straat en dorp begin – klein stappies wat saam groot veranderinge kan meebring.
Unblocktober is die wêreld se eerste nasionale veldtog en bewusmakingsmaand wat daarop gemik is om die effektiewe werking van dreine, riole, waterstrome en oseane te herstel en te verbeter. Wat hierdie…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Ek hou van aanhalings. Ek onthou van skooldae af dat 'n kort, kragtige boodskap my aangespreek het. Langenhoven se As die kortpad die beste was sou die hoofpad daar geloop het, sê soveel meer as die blote woorde. Later op universiteit het my kamermaat 'n luukse…
Deur Mariëtte Odendaal
Ek het onlangs hierdie besondere boek, CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice, raak gesien. Dis by Christelike Lektuurfonds/Christian Literature Fund (CLF) te koop wat die boek as volg beskryf: 'CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice' is a bold and essential contribution to the growing call…
Deur Mariëtte Odendaal
Organiese September herinner ons daaraan dat elke bord kos ’n verhaal vertel – ’n verhaal van hoe ons óf bydra tot die uitputting van God se skepping, óf help om dit te bewaar vir die geslagte wat kom.
Elke September word mense regoor die wêreld uitgenooi om vir die hele maand te…
Deur Mariëtte Odendaal
As jy dalk al op besoek was aan die Hiroshima Peace Memorial Museum in Japan, of die film Oppenheimer gesien het wat handel oor die lewe van J Robert Oppenheimer, teoretiese fisikus, wat die eerste kernwapens gedurende die Tweede Wêreldoorlog help ontwikkel het, sal jy besef hoe vernietigend ’n kernoorlog kan wees.…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Die afgelope Dinsdag 19 Augustus 2025 was 'n vreugdevolle dag in die Vrystaat. Op hierdie dag het Didasko amptelik die lig gesien. Didasko is die handelsnaam waaronder VBO in die Vrystaat voortaan aangebied gaan word. Die Griekse woord, didasko, beteken om te leer. En dit is…
Deur Mariëtte Odendaal
Hoe sterk is die stem wat ons aan die jeug in ons gemeentes gee? Hoeveel moeite doen ons om toe te sien dat hulle aktief betrokke raak by natuurbewaringsaksies en ’n sensitiwiteit vir ekologie ontwikkel
Ons jongmense is die gelowiges wat in die toekoms ’n bepalende rol gaan speel ten opsigte van…
Deur Magdaleen du Toit, vorige Netwerk-sameroeper
Ds Louwrens Scheepers, sedert Februarie vanjaar predikant van die NG Gemeente Philippolis in die Suid-Vrystaat, het pas oorgeneem as sameroeper van die Spiritualiteit-netwerk onder die ‘sambreel’ van Bedieningsbegeleiding. Hartlik welkom! Magdaleen du Toit, vorige netwerk-sameroeper, het hom uitgevra en hy vertel: My lewensreis begin in 1967 op Nelspruit, tans…
Deur ds Louwrens Scheepers, Spiritualiteit Netwerk-sameroeper
Wat wil die Netwerk vir Spiritualiteit doen?
“Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.” - Markus 6:31
Vir baie van ons in die Gereformeerde tradisie is bediening ’n plek van erns, gereedheid en verantwoordelikheid. Maar juis in hierdie toewyding verloor ons maklik kontak met ons…
Deur Magdaleen du Toit, Spirituele begeleier en lid van die Spiritualiteit Netwerk
Wat is spirituele/geestelike begeleiding? En is dit van waarde vir predikante in hul bediening? Hierdie vrae is die afgelope Dinsdag (22 Julie) onder die loep geneem tydens ’n VBO-geleentheid aangebied deur Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die NG Kuratorium, Universiteit van Pretoria.…
Deur Mariëtte Odendaal
“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …” Psalm 24:1 (1983-vertaling)
Elke jaar neem mense wêreldwyd gedurende Plastiekvrye Julie 'n doelbewuste besluit om hul gebruik van plastiek te verminder. Maar waar het dit begin en hoe kan ons as Christene…
Deur Johan van der Merwe
In die Ned Geref Kerk is daar op die oomblik ’n nuwe belangstelling in die erediens. Ons besef deesdae hoe arm ons geraak het aan simbole en rituele en hoe uit voeling ons geraak het met die res van die wêreldkerk. Baie gemeentes kom op die oomblik weer in lyn…
Deur Mariëtte Odendaal
Wanneer laas het jy stilgestaan en gewonder oor die waarde van ’n by, ’n skoenlapper of selfs ’n mier? Insekteweek, wat jaarliks van 23 tot 29 Junie gevier word, is ’n bewusmakingsweek wat daarop gemik is om mense se waardering en begrip van insekte op te skerp. Dit is ’n tyd om…
Deur Mariëtte Odendaal
As Vrystaters en Suid-Afrikaners ken ons droogtes en woestyne maar alte goed, veral gebiede wat as gevolg van droogtes stelselmatig woestynagtig word. Met die viering van hierdie dag word ons as Christene geroep om goeie rentmeesters van God se skepping te wees (Genesis 2:15). Hierdie dag bied aan ons ’n gulde geleentheid…
Deur ds Cobus Hamman, sameroeper van die VBO Netwerk
Deur Mariëtte Odendaal
Wêreld-omgewingsdag, wat jaarliks op 5 Junie gevier word, is ’n geleentheid om wêreldwye aandag te vestig op die beskerming van ons planeet. Vir Christene is hierdie dag nie net ’n oproep tot omgewingsbewustheid nie, maar ook ’n uitnodiging om ons Godgegewe roeping as rentmeesters van die skepping te herontdek.
Hoe kan ons…
Deur Mariëtte Odendaal
Wêreld-trekvoëldag (World Migratory Bird Day) is ’n jaarlikse veldtog wat vanjaar op Saterdag 10 Mei gevier word en bewusmaking bevorder oor die beskerming van migrerende voëls en hul habitats wêreldwyd.
Ons almal ken die oggendvrolikheid van voëltjies soggens douvoordag. Die gekoer en getjirp laat jou glimlag nog voordat jy opstaan om jou…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Dink jouself gelukkig – Pieter van Jaarsveld Almal wil gelukkig wees. Geluk beteken beter gesondheid, goeie verhoudings, sukses en selfs ’n langer lewe. Die internasionaal bekende kenner Pieter van Jaarsveld neem jou met hierdie boek op ’n ontdekkingsreis van…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Een van die interessante gebruike wat ek in my eerste gemeente teëgekom het, was dat confetti verbode was! Ek het nog grootgeword met die gebruik dat die bruidspaar, wanneer hulle uit die kerkgebou uitstap, van alle kante met gekleurde confetti bestrooi word. Dikwels is dit ook…
Deur Mariëtte Odendaal
Kom ons beveg voedselvermorsing! Het jy geweet dat 33% van alle kos wat wêreldwyd geproduseer word, elke jaar verlore gaan of vermors word? As jy dan lees dat net ’n kwart van die kos wat wêreldwyd vermors word, gebruik kan word om die 795 miljoen mense wat ondervoed is, te voed, besef…
Deur ds Christo Nel,
Sentrale #Imagine fees-koördineerder, Nasionale Uitvoerende Komitee
So kom #Imagine NAMPO van 4 tot 6 April al nader ... en hoe nader dit kom, hoe meer sien ons dit word al natter! Ons staal onsself vir ’n sopnat naweek en inderdaad was dit sopnat, maar op die regte tye het die Here die…
Deur Mariëtte Odendaal
Of jy nou besluit om minder plastiek te gebruik, ’n boom te plant, water te bespaar, of bloot ’n oomblik te neem om God te loof vir die wonder van die skepping – elke klein aksie dra by tot ’n groter, gesonder toekoms vir ons planeet en vir geslagte wat ná ons…
Deur Mariëtte Odendaal
As mense van Afrika is ons baie bevoorregd om van kleins af al wilde diere in hul natuurlike habitat te sien. Ons is geseënd met wêreldberoemde nasionale parke, soos die Kruger Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark en vele meer. Die meeste van ons het ook al die groot vyf gesien, naamlik leeus,…
Deur dr Leon M Foot,
Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Woensdag 5 Maart 2025 is Aswoensdag, die begin van Lydenstyd. In hierdie tyd gedenk Christene die lyding en dood van ons verlosser Jesus Christus. Die oudste opgetekende rekord van hierdie gebruik gaan terug na 313 n.C. Lydenstyd strek van Aswoensdag tot Stil Saterdag, die dag voor…
Deur Mariëtte Odendaal
Bestuur vanjaar jul kerkgeboue en huise energie-doeltreffend Die idee van rentmeesterskap (Genesis 2:15) moedig ons aan om as gelowiges verantwoordelikheid vir ons omgewing te aanvaar. Deur bedag te wees op ’n energie-doeltreffende lewenswyse, sorg ons op 'n direkte manier vir die skepping en bespaar ons terselfdertyd koste. WAT KAN ONS DOEN? Volg…
Deur Magdaleen du Toit, Sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk
What you dare not hope for, that is what He gives to you. - Broer Roger, Taizè-gemeenskap
Hier aan die begin van die nuwe jaar staan ons reeds oorweldig deur soveel dinge wat gelyktydig op ons afstorm en ons lewensenergie tap. Die wêreldomstandighede is alles behalwe…
Deur dr Leon M Foot, Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding
'n Medegelowige skryf nou die dag aan my oor die vraag of hy die kerk moet verlaat. Hy noem homself een van die “verkramptes” wat 'n probleem het met die “liberale” neiging in die kerk. Hy verskil van die NG Kerk oor bepaalde besluite wat…
Deur Mariëtte Odendaal
Op Sondag 2 Februarie word daar wêreldwyd Vleilanddag gevier, maar wat is ’n vleiland presies, en waarom is dit van kritieke belang dat dit bewaar word? Vleilande is ekosisteme waar water die primêre faktor is wat die omgewing en die verwante plant- en dierelewe beheer. ’n Gebied word as ’n vleiland beskou…
Deur Magdaleen du Toit, Sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk
What you dare not hope for, that is what He gives to you. - Broer Roger, Taizè-gemeenskap
Hier aan die begin van die nuwe jaar staan ons reeds oorweldig deur soveel dinge wat gelyktydig op ons afstorm en ons lewensenergie tap. Die wêreldomstandighede is alles behalwe…
Deur Mariëtte Odendaal
Die meeste van ons het al begin om ’n denneboom, hetsy van ’n kwekery of een van plastiek uit ’n winkel, in die een hoek van ons woonvertrek te versier. Aanhangers van Koos du Plessis se ‘Somerkersfees’ het waarskynlik ’n garing- of doringboompie volgens eg-Suid-Afrikaanse tradisie in die hoek. Ná weke van…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Kuratorium, NG Kerk Vrystaat
Oor ’n onverwagse soli Deo Gloria, onbeskryflike vreugde en teologiese opleiding.
“God. He orchestrates my success story.” Haar antwoord hét verras. Want die vraag was gewoon: “What has been the most important factor contributing to your learning and development at this institution?” Die…
Deur Mariëtte Odendaal
In 'n wêreld waar ons al hoe meer bewus raak van die impak wat ons op die omgewing het, is daar geen beter tyd as Kersfees om volhoubaarheid deur middel van ons geskenke te ondersteun nie. Eko-vriendelike Kersgeskenke bring nie net vreugde aan die ontvanger nie, maar dra ook by tot die…
Deur ds Janke Hurterr | Erediens Netwerk
Ek lees eenmaal hoe iemand die doop en die ingroei in die doop-identiteit wat daarmee saamhang, beskryf deur na die dooprok te verwys. Die persoon verduidelik dat die dooprok eintlik heeltemal te groot behoort te wees vir die kindjie omdat die doop juis iets is waarin ons ingroei. Op…
Deur Mariëtte Odendaal
Gebruik minder plastiek - dra positief by tot ’n skoner aarde Is jy dalk al moeg daarvan om gedurig te hoor hoe belangrik dit is om minder plastiek te gebruik? Wel, moet nooit daarvoor moeg word nie; raak wakker en begin daadwerklik iets daaraan doen. Waarom is dit so belangrik om minder…
Deur dr Martin Laubscher | Erediens Netwerk
In verlede jaar se Beecher Lectures vertel Alexander Deeg van ’n prediker wat ná jare in die bediening meteens die gewoonte begin ontwikkel het om bloot ná min of meer sewe minute in die preek skielik te stop en oor te gaan na die volgende liturgiese handeling in…
Oorgeneem uit cbd.int/conferences/2024
Die Verenigde Nasies (VN) se Biodiversiteitskonferensie (COP16) word van 21 Oktober tot 1 November 2024 in Cali, Colombia gehou. Met slegs ses jaar oor om die wêreldwye biodiversiteitsteikens wat in 2022 aangeneem is, te bereik, verteenwoordig COP16 'n kritieke oomblik om finansiering te mobiliseer en aksies vir die natuur op te skaal.…
Deur ds Janke Hurter | Erediens Netwerk
’n Vasgestelde ritme van aanbidding is algemeen in die wêreld van godsdiens. Terwyl aanbidding elke dag gedoen word, en baie keer selfs verskeie kere gedurende die dag, word sekere dae as veral heilige dae gesien. Vir Christene is Sondag die vasgestelde dag van gesamentlike aanbidding. Regoor die wêreld…
Oorgeneem uit worldmigratorybirdday.org
Trekvoëls het ’n besondere plek in die skepping. Jaarliks migreer hulle duisende kilometers oor kontinente heen, wat hul oorlewingsvermoë en die krag van God se handewerk beklemtoon. Op 12 Oktober 2024 vier ons Wêreldtrekvoëldag om bewusmaking te skep oor die uitdagings wat hierdie wonderlike wesens in die gesig staar, en hoe ons…
Deur dr Pieter van Jaarsveld, Emeritus
Die Netwerk vir Gerontologie, ’n onderafdeling van Bedieningsbegeleiding van die NG Kerk Vrystaat wat fokus op betekenisvolle veroudering van mense, het op 11 September 2024 ’n aanbieding gereël in die Engosaal by Westerbloem waar daar aandag gegee is aan ’n baie aktuele onderwerp wat alle seniors raak. By…
Deur ds Christo Weideman, voorsitter: Sinodale Taakspan Kerkorde (STK)
Neem lees ... die Kerkorde Neem lees ... die Bybel Neem lees ... die Koerant/Nuus Dit was die volgorde waarin die temas van die afgelope VBO-kursus by Moolmanshoek plaasgevind het ... en tong-in-die-kies is daar gespot en gesê dis mos die volgorde waarin die STK-voorsitter se…
Deur dr Martin Laubscher | Erediens Netwerk
Dit is September, begin van die lente, en ons besing die seisoen van die skepping. Lente-lofprysings weergalm oral in gemeentes, want ons vingers is mos groen soos dit jeuk waar dit immers moet. Daar is lewe en groei, en dit stimuleer ons sintuie. Die Botaniese Tuin in ons stad…
Oorgeneem uit © 2024 South African National Parks™
Ontdek die skatte van Suid-Afrika: Nasionale Parkeweek 2024 Elke jaar sedert 2006 bied Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParks) aan inwoners die unieke geleentheid om ons land se natuurlike skatte gratis te ervaar tydens Nasionale Parkeweek. In 2024 vind dié opwindende geleentheid plaas by die Marakele Nasionale Park om…
Deur Mariëtte Odendaal
Vanaf 2 tot 4 September bied die NG Kerk Vrystaat se kantoor vir Bedieningsbegeleiding ’n werkswinkel aan as deel van hul Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) vir leraars. Vanjaar se tema is “Neem, lees!” en die geleentheid vind op die gasteplaas Moolmanshoek in die Oos-Vrystaat plaas. Hierdie werkswinkel beloof om baie insiggewend en verrykend…
Deur ds Janke Hurter | Erediens Netwerk
Ek het onlangs ’n boek genaamd “Digital liturgies” (2023) geskryf deur Samuel James begin lees. Dit vertel hoe ons aanlyn deelname besig is om ons op ’n etiese manier te vorm asook hoe ons oor ons werklike realiteit wat ons in ons liggame beleef, dink. Ons word gevorm,…
Oorgeneem by VrydagNuus Kaapkerk, 23 Augustus 2024
“Natuurrampe gaan vanweë klimaatsverandering meer intens en meer dikwels in die toekoms voorkom. Dit gaan ons almal se verhoudinge onder druk sit. Ons sal moet leer hoe om ons eie en mekaar se keelvol-gevoelens te erken en te bestuur.” So waarsku David Botha, eko-korrespondent van ons Groenspan,…
Deur ds André Barlow, Sameroeper van die Predikante Netwerk
Fase 1 van die Sentrum vir Predikantebegeleiding werk met agt bekwaamhede wat geïdentifiseer is as belangrike boustene in die ontwikkeling van die vaardighede van predikante. Onder ’n bekwaamheid verstaan ons ’n kompleks van verwante kennis, vaardighede, houdings en gewoontes wat toegepas word binne ’n spesifieke konteks…
