Skip to content Skip to sidebar Skip to footer
Ons vier Wêreld-vleilanddag

Ons vier Wêreld-vleilanddag

Deur Mariëtte Odendaal Vleilande is nie net belangrik ten opsigte van biodiversiteit nie, maar ook vir die ekologiese balans van ons planeet. Op Maandag 2 Februarie vier ons Wêreld-vleilanddag; ’n viering van die ondertekening van die Ramsar-konvensie in 1971. Hierdie konvensie fokus op die bewaring en volhoubare gebruik van vleilande wêreldwyd Waarom is hierdie dag…

Read More

Ontmoet ons 2025-gelegitimeerdes

Deur Mariëtte Odendaal Op 18 November het ons Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat een nuwe teologiestudent, Jackie Smith (tans diensleraar), asook twee colloquium doctum-kandidate, Stéfan Coetzee en Flippie Kotzé, met leraarsbevoegdheid gelegitimeer.  Hiermee wil ons hulle in ons sinode verwelkom en hulle ook aan julle voorstel. Jacqueline Smith  |  NG Kerk Vrystaat, Fakulteit Teologie…

Read More

Hoe lyk die draaiboek van jou lewe?

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Brueggemann sê: “Die wêreld vertel ons elke dag ’n verhaal van beheer, verbruik en vrees. Die Bybel vertel ’n ander een — van vertroue, vryheid en nuwe lewe. Die taak van die kerk is om hierdie ander verhaal te onthou, te vertel en te leef.…

Read More

Dink jouself gelukkig

Deur Mariëtte Odendaal “Om jou gedrag en denke te verander, ís moontlik. Neuroplastisiteit – die brein se vermoë om nuwe verbindings te vorm – is ’n wonderlike stuk gereedskap tot ons álmal se beskikking, maar dit vereis herhaaldelike inoefening.” Dr Pieter van Jaarsveld Op 30 September en 1 Oktober het dr Pieter van Jaarsveld, sielkundige…

Read More

Stil retraite in Philippolis … “Stille-polis”

Deur ds Louwrens Scheepers, sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk, Bedieningsbegeleiding Ons eerste vyfdag-retraite is afgehandel. Vyf dae met ritmes van stilte. Vreemdelinge word vriende – in stilte en deur gedeelde ervarings, al luisterend na die stem van liefde en deernis. En dan word dit sigbaar wanneer dorpenaars verwelkom word en gesels en saam kom luister…

Read More

Aanhalings

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Ek hou van aanhalings. Ek onthou van skooldae af dat 'n kort, kragtige boodskap my aangespreek het.  Langenhoven se As die kortpad die beste was sou die hoofpad daar geloop het, sê soveel meer as die blote woorde. Later op universiteit het my kamermaat 'n luukse…

Read More

Ekologie: Sorg vir Afrika Header

Ekologie: Sorg vir Afrika

Deur Mariëtte Odendaal Ek het onlangs hierdie besondere boek, CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice, raak gesien. Dis by Christelike Lektuurfonds/Christian Literature Fund (CLF) te koop wat die boek as volg beskryf:   'CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice' is a bold and essential contribution to the growing call…

Read More

DIDASKO – ‘n Lerende Gemeenskap

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Die afgelope Dinsdag 19 Augustus 2025 was 'n vreugdevolle dag in die Vrystaat. Op hierdie dag het Didasko amptelik die lig gesien. Didasko is die handelsnaam waaronder VBO in die Vrystaat voortaan aangebied gaan word. Die Griekse woord, didasko, beteken om te leer. En dit is…

Read More

Netwerk vir Spiritualiteit se nuwe sameroeper

Deur Magdaleen du Toit, vorige Netwerk-sameroeper Ds Louwrens Scheepers, sedert Februarie vanjaar predikant van die NG Gemeente Philippolis in die Suid-Vrystaat, het pas oorgeneem as sameroeper van die Spiritualiteit-netwerk onder die ‘sambreel’ van Bedieningsbegeleiding. Hartlik welkom! Magdaleen du Toit, vorige netwerk-sameroeper, het hom uitgevra en hy vertel: My lewensreis begin in 1967 op Nelspruit, tans…

Read More

Spirituele begeleiding: drie opleiers gesels

Deur Magdaleen du Toit, Spirituele begeleier en lid van die Spiritualiteit Netwerk Wat is spirituele/geestelike begeleiding? En is dit van waarde vir predikante in hul bediening? Hierdie vrae is die afgelope Dinsdag (22 Julie) onder die loep geneem tydens ’n VBO-geleentheid aangebied deur Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die NG Kuratorium, Universiteit van Pretoria.…

Read More

Wêreld-trekvoëldag: Beskerm ons migrerende voëls

Deur Mariëtte Odendaal Wêreld-trekvoëldag (World Migratory Bird Day) is ’n jaarlikse veldtog wat vanjaar op Saterdag 10 Mei gevier word en bewusmaking bevorder oor die beskerming van migrerende voëls en hul habitats wêreldwyd. Ons almal ken die oggendvrolikheid van voëltjies soggens douvoordag. Die gekoer en getjirp laat jou glimlag nog voordat jy opstaan om jou…

Read More

Dink jouself gelukkig

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Dink jouself gelukkig – Pieter van Jaarsveld Almal wil gelukkig wees. Geluk beteken beter gesondheid, goeie verhoudings, sukses en selfs ’n langer lewe. Die internasionaal bekende kenner Pieter van Jaarsveld neem jou met hierdie boek op ’n ontdekkingsreis van…

Read More

Confetti verbode

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Een van die interessante gebruike wat ek in my eerste gemeente teëgekom het, was dat confetti verbode was! Ek het nog grootgeword met die gebruik dat die bruidspaar, wanneer hulle uit die kerkgebou uitstap, van alle kante met gekleurde confetti bestrooi word. Dikwels is dit ook…

Read More

Voedselvermorsing-dag

Deur Mariëtte Odendaal Kom ons beveg voedselvermorsing! Het jy geweet dat 33% van alle kos wat wêreldwyd geproduseer word, elke jaar verlore gaan of vermors word? As jy dan lees dat net ’n kwart van die kos wat wêreldwyd vermors word, gebruik kan word om die 795 miljoen mense wat ondervoed is, te voed, besef…

Read More

Aardedag

Deur Mariëtte Odendaal Of jy nou besluit om minder plastiek te gebruik, ’n boom te plant, water te bespaar, of bloot ’n oomblik te neem om God te loof vir die wonder van die skepping – elke klein aksie dra by tot ’n groter, gesonder toekoms vir ons planeet en vir geslagte wat ná ons…

Read More

Ons vier Wêrelddag vir Wildlewe

Deur Mariëtte Odendaal As mense van Afrika is ons baie bevoorregd om van kleins af al wilde diere in hul natuurlike habitat te sien. Ons is geseënd met wêreldberoemde nasionale parke, soos die Kruger Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark en vele meer. Die meeste van ons het ook al die groot vyf gesien, naamlik leeus,…

Read More

Wat is Aswoensdag?

Deur dr Leon M Foot, Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding Woensdag 5 Maart 2025 is Aswoensdag, die begin van Lydenstyd. In hierdie tyd gedenk Christene die lyding en dood van ons verlosser Jesus Christus. Die oudste opgetekende rekord van hierdie gebruik gaan terug na 313 n.C. Lydenstyd strek van Aswoensdag tot Stil Saterdag, die dag voor…

Read More

Energie-doeltreffend

Deur Mariëtte Odendaal Bestuur vanjaar jul kerkgeboue en huise energie-doeltreffend Die idee van rentmeesterskap (Genesis 2:15) moedig ons aan om as gelowiges verantwoordelikheid vir ons omgewing te aanvaar. Deur bedag te wees op ’n energie-doeltreffende lewenswyse, sorg ons op 'n direkte manier vir die skepping en bespaar ons terselfdertyd koste. WAT KAN ONS DOEN? Volg…

Read More

Moet ek die kerk verlaat?

Deur dr Leon M Foot, Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding 'n Medegelowige skryf nou die dag aan my oor die vraag of hy die kerk moet verlaat. Hy noem homself een van die “verkramptes” wat 'n probleem het met die “liberale” neiging in die kerk. Hy verskil van die NG Kerk oor bepaalde besluite wat…

Read More

Wêreld-vleilanddag

Deur Mariëtte Odendaal Op Sondag 2 Februarie word daar wêreldwyd Vleilanddag gevier, maar wat is ’n vleiland presies, en waarom is dit van kritieke belang dat dit bewaar word? Vleilande is ekosisteme waar water die primêre faktor is wat die omgewing en die verwante plant- en dierelewe beheer. ’n Gebied word as ’n vleiland beskou…

Read More

“God. He orchestrates my success story.”

Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Kuratorium, NG Kerk Vrystaat Oor ’n onverwagse soli Deo Gloria, onbeskryflike vreugde en teologiese opleiding. “God. He orchestrates my success story.” Haar antwoord hét verras. Want die vraag was gewoon: “What has been the most important factor contributing to your learning and development at this institution?” Die…

Read More

Konvensie oor Biologiese Diversiteit

Oorgeneem uit cbd.int/conferences/2024 Die Verenigde Nasies (VN) se Biodiversiteitskonferensie (COP16) word van 21 Oktober tot 1 November 2024 in Cali, Colombia gehou. Met slegs ses jaar oor om die wêreldwye biodiversiteitsteikens wat in 2022 aangeneem is, te bereik, verteenwoordig COP16 'n kritieke oomblik om finansiering te mobiliseer en aksies vir die natuur op te skaal.…

Read More

Die 8ste dag: “Stil maar, wag maar, alles word nuut – die hemel en die aarde!”

Deur ds Janke Hurter  |  Erediens Netwerk ’n Vasgestelde ritme van aanbidding is algemeen in die wêreld van godsdiens. Terwyl aanbidding elke dag gedoen word, en baie keer selfs verskeie kere gedurende die dag, word sekere dae as veral heilige dae gesien. Vir Christene is Sondag die vasgestelde dag van gesamentlike aanbidding. Regoor die wêreld…

Read More

“Neem, lees!”

Deur ds Christo Weideman, voorsitter: Sinodale Taakspan Kerkorde (STK) Neem lees ... die Kerkorde Neem lees ... die Bybel Neem lees ... die Koerant/Nuus Dit was die volgorde waarin die temas van die afgelope VBO-kursus by Moolmanshoek plaasgevind het ... en tong-in-die-kies is daar gespot en gesê dis mos die volgorde waarin die STK-voorsitter se…

Read More

“Ek is nou keelvol!”

Oorgeneem by VrydagNuus Kaapkerk, 23 Augustus 2024 “Natuurrampe gaan vanweë klimaatsverandering meer intens en meer dikwels in die toekoms voorkom. Dit gaan ons almal se verhoudinge onder druk sit. Ons sal moet leer hoe om ons eie en mekaar se keelvol-gevoelens te erken en te bestuur.” So waarsku David Botha, eko-korrespondent van ons Groenspan,…

Read More

Ontdek en ontgin gedragsbekwaamhede Sentrum vir Predikantebegeleiding – Fase 2

Deur ds André Barlow, Sameroeper van die Predikante Netwerk Fase 1 van die Sentrum vir Predikantebegeleiding werk met agt bekwaamhede wat geïdentifiseer is as belangrike boustene in die ontwikkeling van die vaardighede van predikante. Onder ’n bekwaamheid verstaan ons ’n kompleks van verwante kennis, vaardighede, houdings en gewoontes wat toegepas word binne ’n spesifieke konteks…

Read More