Deur ds André Barlow, Sameroeper van die Predikante Netwerk
Fase 1 van die Sentrum vir Predikantebegeleiding werk met agt bekwaamhede wat geïdentifiseer is as belangrike boustene in die ontwikkeling van die vaardighede van predikante. Onder ’n bekwaamheid verstaan ons ’n kompleks van verwante kennis, vaardighede, houdings en gewoontes wat toegepas word binne ’n spesifieke konteks…
