Deur Mariëtte Odendaal
“Van die mees besondere oomblikke was saans wanneer ons saam met die plaaslike predikant om die vuur gesit en al geselsend kosgemaak het.” Ds Wouter van Velden Leraar van die Kopanong-bediening
Vir meer as ’n dekade al reik die Kopanong-bediening in Bloemfontein jaarliks tydens die wintervakansie uit na ons geloofsfamilie in…
Deur Stéphan van der Watt
Sedert ons vorige nuusflits het baie water in die see geloop, saam met die sweet wat teen ons rûe bly afloop in die hitte wat nie wyk nie. Die hartroerende begrafnis van ‘n geliefde kollega se vrou, die uitbundige huwelikseremonie van ‘n oud-student, my en Carina se 20-jarige huweliksherdenking en…
Deur Mariëtte Odendaal
Eerstens is dit van belang om te weet dat ons nie die projekte inisieer nie; dit kom uit die gemeenskappe self. Ons rol is om bestaande projekte by bogenoemde kerke te ondersteun, die projekleiers te mentor en ook om die prosesse van die projekte te fasiliteer. Elbie Conradie Ontwikkelingsbeampte: RICD
Nie een…
Deur Mariëtte Odendaal
“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …” Psalm 24:1 (1983-vertaling)
Elke jaar neem mense wêreldwyd gedurende Plastiekvrye Julie 'n doelbewuste besluit om hul gebruik van plastiek te verminder. Maar waar het dit begin en hoe kan ons as Christene…
Deur Magdaleen du Toit, vorige Netwerk-sameroeper
Ds Louwrens Scheepers, sedert Februarie vanjaar predikant van die NG Gemeente Philippolis in die Suid-Vrystaat, het pas oorgeneem as sameroeper van die Spiritualiteit-netwerk onder die ‘sambreel’ van Bedieningsbegeleiding. Hartlik welkom! Magdaleen du Toit, vorige netwerk-sameroeper, het hom uitgevra en hy vertel: My lewensreis begin in 1967 op Nelspruit, tans…
Deur ds Louwrens Scheepers, Spiritualiteit Netwerk-sameroeper
Wat wil die Netwerk vir Spiritualiteit doen?
“Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.” - Markus 6:31
Vir baie van ons in die Gereformeerde tradisie is bediening ’n plek van erns, gereedheid en verantwoordelikheid. Maar juis in hierdie toewyding verloor ons maklik kontak met ons…
Deur Magdaleen du Toit, Spirituele begeleier en lid van die Spiritualiteit Netwerk
Wat is spirituele/geestelike begeleiding? En is dit van waarde vir predikante in hul bediening? Hierdie vrae is die afgelope Dinsdag (22 Julie) onder die loep geneem tydens ’n VBO-geleentheid aangebied deur Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die NG Kuratorium, Universiteit van Pretoria.…
| verskaf: Mariëtte Odendaal
Deur Mariëtte Odendaal
Hierdie jaar vier ons die 160ste bestaansjaar van die Vrystaat Sinode; ’n besondere voorreg omdat dit vir ons as Christene al vir meer as ’n eeu en ’n half deur oorloë, droogtes en vele ander lewenskrisisse en sosiale kwessies help dra het. Om werklik kerk te wees en…
Deur ds Joe Müller, skriba van die Teologies-kategoriale Ring en leraar van NG Gemeente Kroonstad
Op Vrydag 13 Junie 2025 het ’n geskiedkundige gebeurtenis plaasgevind. Drie gemeentes, NG Gemeentes Harrismith, Kroonstad en Parys-Suid het by Harrismith-gemeente bymekaargekom om die eerste Teologies-kategoriale Ring van die Vrystaat te stig. Ons Ring se naam heet ook so: Die…
Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies
Maandagoggend, 23 Junie. Die lig lê nog bleek oor die kerkgronde toe ons begin pak. Die groot wit bussie staan soos ’n rustende dier. Ek en ds Van Velden, Kopanong se predikant, is die enigste mans tussen die groep en haal met stil vasberadenheid die agtersitplekke uit…
Deur Mariëtte Odendaal
“Ek glo daaraan om altyd jou beste te lewer, hard te werk vir wat jy wil bereik en jou toekoms met vertroue in die Here se hande te plaas. Hy maak drome en visies waar.” - Carlie Niehaus
“Carlie se kreatiwiteit, toewyding en innemende persoonlikheid het ’n blywende indruk op ons departement…
Deur Andries Gous, DEGNOS
Liewe vriende van DEGNOS Jeugbediening in Luhebu-Noord-gemeente is aan die brand Sedert die 1ste Junie is Mishe Matteus voltyds deur DEGNOS aangestel as die jeugwerker vir die Luhebu-Noord-gemeente. Mishe se rol is om die jongmense te bedien wat ná die jeugkampe besluit het dat hulle die Here Jesus wil volg. Mishe…
Deur ds Hannes du Plessis, skriba van die Moderamen en leraar van NG Gemeente Universitas-Wes
Die Franse het ’n woord, flâneur, wat dui op iemand wat in die stad ronddrentel sonder ’n bestemming. Maar, die woord het nie noodwendig ’n negatiewe konnotasie nie. ’n Flâneur stap nie rond om te kyk wat gesteel kan word…
Deur dr Enrico Casaleggio, Islam Getuienisaksie
In die vorige artikel het ons gesien dat, volgens die Pew Research Centre se verslag van Junie 2025, Islam tans die snelgroeiendste geloof wêreldwyd is, hoofsaaklik weens natuurlike demografiese groei, dit wil sê hoër geboortesyfers en ’n jonger gemiddelde ouderdom in Moslem-meerderheidstreke soos Sub-Sahara-Afrika en die Midde-Ooste. Terselfdertyd neem…
By Lethabo Machabaphala, marketer for the Faculty of Theology and Religion, UV
This Mandela Day, the Faculty of Theology and Religion didn’t just honour a legacy - we lived it. On the 18th of July, in partnership with the UFS Library, Makerspace, and Financial Planning Law we helped launch a brand-new library at the Heidedal…
Deur Mariëtte Odendaal
Ons is al diep in die tweede helfte van die jaar – moeg van al die verantwoordelikhede en soms oorweldig deur alles en almal wat op ons aandag aanspraak maak. Maar hier is goeie nuus: Jy word hartlik uitgenooi na ’n besondere naweek van stilword, rus en geestelike vernuwing. Datum: 8 –…
Deur Johan van der Merwe
In die Ned Geref Kerk is daar op die oomblik ’n nuwe belangstelling in die erediens. Ons besef deesdae hoe arm ons geraak het aan simbole en rituele en hoe uit voeling ons geraak het met die res van die wêreldkerk. Baie gemeentes kom op die oomblik weer in lyn…
Deur ds Lood Oliver, leraar van NG Gemeente Welkom-Noord
In die NG Kerk is daar tans uiteenlopende standpunte oor ’n aantal sake. Elke groep wat ’n standpunt ondersteun, beroep hulle op die Skrif. Daar is uitsprake soos: Dit is wat ek lees. Daar staan geskrywe. Die Bybel leer tog duidelik ... Dan is daar nog…
Refleksies
André Barlow
Die afgelope Predikante Stilwordkans van 10 tot 12 Junie 2025 by Amanzi was vir my ’n besondere ervaring. Ek het aanvanklik gedink om nie te gaan nie, maar my kollegas by Hugenoot het my oortuig om wel in te skryf. Terugskouend weet ek ek sou veel gemis het as ek nie daar…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat en leraar van NG Gemeente Berg-en-Dal
Meimaand het oorgegaan in Junie, herfs in winter, ’n eerste semester se leerwerk in die halfjaareksamens. En dít, rondom daardie geliefde tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster in ons gemeentes. Oestyd. In sosiale media het die…
Deur ds Philip McLaren, voorsitter van die Ring en Jeugwerk
Jongmense geniet mekaar
Jeugkamp 2024 Waar jongmense saam is, is daar groot vreugde. Wie van ons kan nog ons jongdae onthou, en veral wat ons saam met die kerk gedeel het? Die tye van kampvure, kruistogte en “singsongs” word al minder. Vandag kry ons groot…
Deur Nielbert Mostert, meestersgraad-student, Fakulteit Teologie en Religie, UV
Jaarliks registreer talle studente om Teologie aan die UV te kom studeer. Die studente kom uit verskeie kerkgenootskappe en agtergronde. Sommige skryf in vir die gevorderde diploma, ander vir die BDiv-graad, nog ander vir nagraadse studie. Tydens hierdie jaar se herfs-gradeplegtigheid is die volgende grade toegeken: Hoër…
| verskaf: Mariëtte Odendaal
Deur Mariëtte Odendaal
Vanjaar vier ons die 160ste bestaansjaar van die Vrystaat Sinode van die NG Kerk; ’n besondere voorreg omdat die kerk vir ons as Christene al vir meer as ’n eeu en ’n half deur oorloë, droogtes en vele ander lewenskrisisse en sosiale kwessies help dra het. Om werklik…
Deur ds Janke Hurter, jeugleraar van NG Gemeente Berg-en-Dal
Dis die dag voor Jeugdag, Sondag 15 Junie 2025. Ek wag rustig in die konsistorie se stilte vir die res van die Kerkraad om aan te meld, terwyl ek deur die Erediensblaadjie lees ... Vandag in die Fokus, hierdie sinnetjie: "Die eredienskollekte … Ons gee ’n…
Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies
Vroeg op ’n Dinsdagoggend het predikante en enkele teologiestudente van die Vrystaat Sinode koers gekies na Amanzi Private Game Reserve, vir drie dae se wegkeer van die gewoel, en ’n stilwordkans om weer te hoor, te bid en saam te onthou. By aankoms het ds Jan Lubbe…
Deur Andries Gous, DEGNOS
Liewe vriende van DEGNOS ’n Baie spesiale gebedsversoek vir die !Kung Tradisionele Owerheid Oor die afgelope klompie jare was daar baie spanning binne die N#a-Jaqna-bewaringsgebied met vreemdelinge wat eenvoudig op onwettige wyses grond wederregtelik by die tradisionele hoofman koop. Dit bring groot spanning in die gemeenskap en het ook al tot…
Deur dr Enrico Casaleggio, Islam Getuienisaksie
’n Nuwe studie deur die gesaghebbende Pew Research Centre[1], getiteld “Pew’s Global Religious Landscape study”, wat op Maandag 9 Junie 2025 vrygestel is, toon dat Moslems die geloofsgroep is wat die vinnigste groei, gevolg deur mense sonder godsdienstige affiliasie. Hoewel Christene steeds die wêreld se grootste godsdiensgroep vorm, het…
Deur Mariëtte Odendaal
As Vrystaters en Suid-Afrikaners ken ons droogtes en woestyne maar alte goed, veral gebiede wat as gevolg van droogtes stelselmatig woestynagtig word. Met die viering van hierdie dag word ons as Christene geroep om goeie rentmeesters van God se skepping te wees (Genesis 2:15). Hierdie dag bied aan ons ’n gulde geleentheid…
Deur Mariëtte Odendaal
Adriaan de Ruiter vertel … Die eerste vier artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, later bekend as Direkteur: Administrasie en Finansies en tans bekend as Hoof- uitvoerende beampte: Ondersteuning, het in die vorige vier uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels…
| verskaf: Mariëtte Odendaal
Deur Mariëtte Odendaal
Hierdie jaar vier ons die 160ste bestaansjaar van die Vrystaat Sinode; ’n besondere voorreg omdat dit vir ons as Christene al vir meer as ’n eeu en ’n half deur oorloë, droogtes en vele ander lewenskrisisse en sosiale kwessies help dra het. Om werklik kerk te wees en…
Deur Mariëtte Odendaal
Op hierdie dag dank ons die Here vir pa’s én alle rolmodelle wat hierdie onontbeerlike plek in huishoudings ingeneem het. Wees verseker: jou lewensmaat en kinders soek nie goud en silwer nie – hulle soek pret, respek vir hul ma, onvoorwaardelike liefde en die sekuriteit van ’n pa by wie hulle veilig…
Deur Mariëtte Odendaal
Op Jeugdag kan ons weer opnuut fokus op die wyse waarop ons die jeug kan toerus, begelei en bemagtig om positiewe verskilmakers te wees.
Elke jaar, op 16 Junie vier Suid-Afrikaners Jeugdag – ’n dag wat diep gewortel is in die geskiedenis van ons land se stryd vir geregtigheid en gelykheid. Vir…
Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies
Ons kampusse leef stil. Jy hoor nie meer die gelag uit koshuiskombuise of die klanke van eerstejaars op ’n sportveld nie. Dis eksamentyd. En oral is daar studente wat hard probeer om hul kennis, hul tyd en hul energie te balanseer. Dis ’n seisoen van druk, verwagting…
By Rev Jan Lubbe, chairman of the Moderamen of the Dutch Reformed Church Free State
(Reflections at the Graduation Ceremony of the University of the Free State, Faculty of Health Sciences and Theology on Friday, 11 April 2025, Bloemfontein)
Why these two faculties together? Should Theology not rather be together with – Faculty of the…
Deur Andries Gous, DEGNOS
Liewe vriende van DEGNOS TOPIA-nuus Tydens hierdie drie maande lange besoek in Namibië ondersteun ons die DEGNOS-bediening en gaan ons drie gemeentes bedien. Eerstens, vir ses weke, die gemeente in Tsumkwe. Die gemeente woon verspreid oor 1 miljoen hektaar met 45 nedersettings. Ons het verlede jaar by twee geleenthede hier opleiding…
Deur dr Dawie Botes, ondervoorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat en leraar van NG Gemeente Welkom-Wes
Ons lewe in ‘n kitstyd waarin alles vinnig moet gebeur of eintlik al moes gebeur het. Die internet-spoed is altyd net te stadig en die toue by die kruidenierswinkel net te lank. Ja, ook op geestelike…
Deur Mariëtte Odendaal
Die Ring van Bloemheuwel – Better Together
“Die projek help dat gemeentes wat te min kinders het en finansieel nie daartoe in staat is om ’n belydeniskamp aan te bied nie, dit wel kan doen as dit saam met ander gemeentes in Bloemfontein, asook ander gemeentes in die Vrystaat, gedoen kan word.…
Deur prof Jan-Albert van den Berg, Departement Praktiese en Missionale Teologie, UV
My kantoordeur word toegetrek ...
’n Klein pastorale simfonie ... Op 30 Junie vanjaar trek ek my kantoordeur ná 22 jaar se diens aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat, agter my toe. Die drie skilderye van die bekende Suid-Afrikaanse priester-skilder Frans Claerhout,…
