Deur Mariëtte Odendaal
Ons is al diep in die tweede helfte van die jaar – moeg van al die verantwoordelikhede en soms oorweldig deur alles en almal wat op ons aandag aanspraak maak.
Maar hier is goeie nuus: Jy word hartlik uitgenooi na ’n besondere naweek van stilword, rus en geestelike vernuwing.
Datum: 8 – 10 Augustus
Plek: Menuha Retreatsentrum – 35 km buite Bloemfontein op die Brandfort-pad
Koste: R1 900 per persoon (sluit verblyf, etes en alle programmateriaal in)
Vervoer: Elke deelnemer reël eie vervoer. Die pad is maklik toeganklik.
Waarom Menuha?
Menuha beteken “plek van rus” – en dit is presies wat hierdie retreat jou bied. Dis ’n ruimte waar jy kan afskakel, weer in voeling kan kom met jouself en stil word voor God. In ’n tyd van gejaag en geraas, nooi Hy jou sagkens uit: “Wees stil en weet Ek is God.” (Psalm 46:11)
Wat kan jy verwag?
- Refleksie, aanbidding en innerlike herstel.
- Stilte én betekenisvolle gesprekke.
- ’n Pragtige, rustige omgewing.
- Die program word aangebied onder die inspirerende leiding van Magdaleen du Toit.
Waarom moet jy dit oorweeg?
- Jy verdien hierdie tyd van rus.
- Jy is dit aan jouself verskuldig.
- En jy is nie alleen nie.
Bevestig jou plek vandag nog!
Kontak Marietjie van der Merwe by 📧 vrouelidmate@gmail.com | 📞 076 113 9601




