Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Deur Nielbert Mostert, meestersgraad-student, Fakulteit Teologie en Religie, UV

Jaarliks registreer talle studente om Teologie aan die UV te kom studeer. Die studente kom uit verskeie kerkgenootskappe en agtergronde. Sommige skryf in vir die gevorderde diploma, ander vir die BDiv-graad, nog ander vir nagraadse studie. Tydens hierdie jaar se herfs-gradeplegtigheid is die volgende grade toegeken:

      • Hoër sertifikaat in Teologie  |  51 studente
      • BDiv-graad  |  36 studente
      • Gevorderde diploma in Teologie  |  11 studente
      • Nagraadse diploma in Teologie  |  5 studente
      • Honneurs  |  1 student
      • Meestersgraad  |  23 studente
      • Doktorsgraad  |  5 studente

Tydens hierdie gradeplegtigheid was ds Jan Lubbe die gasspreker, ’n alumnus van die UV. Die dekaansmedalje vir die beste meestersgraad is toegeken aan John Motsweta wat ’n meestersgraad in Bybelvertaling behaal het.

Twee NG Kerk studente het hul BDiv-graad behaal – Nielbert Mostert en Sarahné Victor Visser.  Nielbert deel sy ervaring as volg: “Nou dat ek aan die einde van my 4 jaar van studies staan is dit tyd vir die volgende stap in my lewe en oor roeping. As ek terugdink aan die 4 jaar se studies, is ek baie dankbaar vir die feit dat ek kon klaar studeer. Ek is ook ongelooflik dankbaar vir al die mense wat saam met my studeer het. Te danke aan elkeen van hulle is ek vandag hier. Ek sou dit nie alleen kon doen nie.

Ek is ook ongelooflik dankbaar vir die seminarium. Almal wat my ook daar bygestaan het en vir alles wat ek by die seminarium geleer het. Ek sal altyd die semarium-retreats vir die studente en mentors onthou. Dit was by daardie retreats wat ek lewenslange vriendskappe gekweek en ontwikkel het.

Nou is dit tyd vir die volgende stap … Ek is tans besig met my M in missiologie en praktiese teologie. As dit klaar is gaan ek die bediening betree, maar verder as dit het ek nog nie gedink nie. Ons vat dit maar een stappie op ’n slag.”

Beste wense aan al die teologiestudente met die volgende stap in hulle lewe!

 | Foto’s (verskaf):  Nielbert Mostert, meestersgraadstudent, Fakulteit Teologie en Religie, UV.