Liturgiese voorstel
Sondag 29 Januarie 2023 | 4de Sondag ná Epifanie
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Verwelkoming
Aanvangslied
LB 511 Lei U ons, Lig (vers 1-2)
Aanvangswoord (Jesaja 9:1 & 5; 2020 Vertaling)
“Die volk wat in duisternis ronddwaal, het ‘n groot lig gesien;
hulle wat in ‘n stikdonker…
Die afgelope paar weke is ek besig om te dink aangaande die Belydenis van Belhar. Ek is uiteraard bewus dat dit die einde van die jaar is en dat almal van ons dalk eerder iets sou wou hoor oor afsluiting, dankbaarheid vir 2022, of rus ná arbeid. Ongeag is Belhar op my gedagtes. En meer…
Die afgelope naweek was ek bevoorregd om ’n retreat op Volmoed by te woon wat gehandel het oor tyd. Absoluut wonderlik om so in die tyd oor tyd te kon nadink. Vrydagaand sit ons ten tye van beurtkrag en mymer oor “the dark night of the soul”. Prof Julie Claassen vertel onder meer, na gelang van die…
Prediking vind plaas deur spraak. En spraak kan wêrelde skep of afbreek, mense inspireer of verdruk, emosies wek of verveel. Daarom is dit belangrik dat die prediker fyn bespiegel oor die woorde wat gebruik word en opweeg hoe dit gekonstrueer word in sinne en paragrawe en die uiteindelike vloei van die hele preek. Tog, uit…
Onlangs was ‘n paar van ons by die fakulteit in gesprek met kollega Henco van der Westhuizen oor sy boek Letters to a young theologian (Fortress Press, 2022). Dit is voorwaar ‘n uitstaande publikasie. Om bloot alleen net soveel van die voorste stemme in die teologiese wêreld byeen te bring en te laat spreek tot studente wat…
Wat is die doop? So word die vraag kort en saaklik gevra in die Handleiding vir die erediens se formulier vir die bediening van die doop aan die kinders van gelowiges. Die formulier beantwoord dan hierdie vraag met ‘n verskeidenheid verklarings oor wat die doop in die Naam van die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees…
Onlangs in ’n klas lees ek saam met ’n groep studente Psalm 50 met die oog daarop om prakties ’n preek daarvan te maak. Ek het nog nie voorheen ’n preek uit Psalm 50 gehoor of self gepreek nie, wat altyd ’n interessante ervaring van ontdekking is. In ons nabye lees van die teks, was…
Karl Barth begin sy bespreking van “die valsheid van die mens” (CD IV/3, §70.2) met die oortuiging dat ons nie hier soseer met ’n morele verskynsel te make het nie, maar “a supremely unspiritual and anti-spiritual phenomenon and problem” (IV/3, 434). Vir hom is valsheid nie iets wat regtig bestaan nie, menende op eie bene,…
Die realiteit van predikante met ‘n bediening aan hoofsaaklik ouer lidmate, word dikwels, selfs soveel as een keer ‘n week, gekonfronteer met die dood. Die dood, of dit verwag word of onverwags is, ruk ‘n mens tot stilstand. Dit dwing mens tot besinning oor die lewe; diepe nadenke oor die verlede, hede en toekoms.
Die…
Met ‘n vorige skrywe het ek teen die gebruik van die woord digitale kerk geargumenteer. Elke leraar en gemeente moet die saak vir hulleself uitmaak, maar ek is oortuig dat ons eerder van digitale bediening moet praat. Op akademiese vlak sal ‘n mens die skrif redelik moet verdraai om die konsep van digitale kerk Bybels te fundeer. Die meeste…
’n Paar onlangse gebeure het my aan die dink gesit rondom outentisiteit. Met outentisiteit bedoel ek die gevoel dat daar eerlikheid, legitimiteit en geldigheid teenwoordig is. In nadenke oor prediking, is daar ook baie nadenke oor die persoon van die prediker, omdat ons uiteraard nie ons menswees kan losmaak van die kuns van prediking nie.…
Die afgelope naweek het talle studente die geleentheid gehad om, ten minste voor hul klasmaats en dosente, vir die eerste keer te preek. Om verskeie redes was dit ʼn onvergeetlike ervaring. Wie onthou nie daardie eerste (klas)preek nie – en ek bedoel nie net jou eie nie, maar ook die aanhoor en geklank van ʼn…
Sondag 8 Mei 2022 vier alle Suid-Afrikaners Moedersdag. Moedersdag is vir die meeste huishoudings 'n heerlike dag, vol opwinding en natuurlik 'n spesiale bederfie vir Mamma. Dit is dikwels 'n dag wanneer die spreekwoordelike gemeste kalf geslag word. Kinders probeer om, indien dit moontlik is, die dag saam met hulle ouers, spesifiek dan hulle Ma…
Ek onthou nog met die eerste lockdown hoe ‘n klomp van ons op ons eie uitsendings reageer het: “Ek sien nou eers my aaklige maniërismes raak wat my grensloos irriteer”. Iemand anders het weer gesê: “Ek is op vir die gesiglose kamera” en nog iemand voeg by: “Kry ons nie ook beligting en grimering nie, want wraggies ek…
Ek doseer ’n klas in prediking vir studente wat ’n diploma doen in Teologie. Meeste van hierdie studente sal voortgaan om ’n ander vakgebied te kies as graadkursus: Joernalistiek en Regte is veral populêr. Maar, vir nou, is hulle teoloë vir wie ek leer om op ’n baie basiese manier iets te sê oor wie…
In 1994 publiseer Johan Cilliers sy God vir ons. ʼn Analise en beoordeling van Nederduitse Gereformeerde volksprediking (1960-1980) (Kaapstad: Lux Verbi). In 2006 word dit ook in Engels vertaal: God for us. An analysis and assessment of Dutch Reformed preaching during the apartheid years (Stellenbosch: Sun Press) en ook gratis beskikbaar op die internet. Vandag is dit voorgeskrewe werk…
Die verlossing wat God deur Jesus Christus bewerk, kan geensins gereduseer word tot blote abstrakte teorieë nie. Verlossing vind plaas in menslike vlees en bloed. Inderdaad, Jesus word mens, Immanuel, God met ons. Boonop het mense, soos vertel word in die Evangelies, Jesus met hulle eie liggame teëgekom. Regte mense in werklike kontak met ‘n…
Gedurende die eerste twee weke van Desember 2021 was ek, tesame met ses ander pelgrims, op die Pelgrimstog van Hoop: Robertson tot Agulhas. Dit was die eerste keer wat ek so iets aangepak het, met idealistiese uitkomstes wat ek tot my mede-pelgrims verwoord het as verligting, lewens-veranderend, en selfs verlossing. Dit is waarvoor ek gehoop het. Maar dit…
Die gebruik van die woord “pelgrimstog” in sommige kontekste is dalk misleidend – en mag iemand dalk net op ʼn dwaalspoor lei – en benodig myns insiens herdefiniëring. Kortom, waaraan dink ons as ons die woord “pelgrimstog” hoor?
Die HAT verklaar dit soos volg: “Persoon wat na ʼn heilige plek reis om daar te aanbid;…
Saam met ʼn paar kollegas lees en herkou ons die afgelope weke aan Willie James Jennings se After Whiteness – An Education in Belonging (Eerdmans, 2020). Die begrip “whiteness” mag lesers dalk onmiddellik orent laat sit, en/of sommer net afsit, en daarom is die “after” wat dit voorafgaan myns insiens so belangrik. “After whiteness” is ambivalent, dubbelsinnig;…
Lana Del Rey sing in een van haar liedere hierdie frase: “Don't ask if I'm happy, you know that I'm not. But, at best, I can say I'm not sad.”
Hierdie woorde resoneer sterk by my aanvoeling oor die huidige konteks waarin ek myself vind, maar ek dink ook baie van ons. Daar is in…
In Fareed Zakaria se Ten lessons for post-pandemic world is daar twee lesse wat my nog altyd bybly, naamlik “Life is digital” en “Aristotle was right – we are social animals”. Let wel, dit is twee aparte lesse en nóg ʼn geval van die een óf die ander, of selfs die een as die ander. Dit is…
Bladmusiek is slegs vir die ingewydes wat musieknotasie ken. Klanke wat deur instrumente voortgebring kan word, word op en tussen vyf lyntjies en vier spasies “geskryf”. Hierdie musiekskrif wat uit sekere note, simbole en tekens bestaan, word deur musikante gebruik om die komposisies te lees en ook te interpreteer. Elke noot, simbool en teken op…
Dr Martin Laubscher verwys in die vorige uitgawe van die Vrypos na ‘n insident waarin ‘n lidmaat die erediens verlaat het omdat daar verwys is na Belhar. Uiteraard het dr Laubscher ‘n belangrike gesprek ontlont oor hoe die NG Kerk die nagmaal vier. Maar, daar is ook ander aspekte aan die gebeurtenis wat nadenke benodig.…
Ons vier nagmaal in die gemeente, en die dominee het besonderse moeite gedoen met die liturgie. In plaas van die gebruiklike formulier, word daar vrylik en keurig omgegaan met die “belydenisskrifte” soos ons die tafel nader. Ek wens meer van my studente was hier om dit te kan aanskou en te sien “dit is hoe…
Die identiteit van die prediker speel ‘n belangrike rol in die opdrag en roeping van die bediening van die Woord. Of dit is in die interpretasie van die Bybel of in die kuns van die verkondiging self, kan geen prediker ontslae raak van hul unieke menslikheid nie. Die persoonlikheid, self-verstaan, en karaktereienskappe van die prediker…
Heil en huil klink dieselfde, maar die spelling (én betekenis) is verskillend. Só ook sou ons maklik geskiedenis as geskeidenes kon lees en spel, maar dan is dit sonder enige hoop. Laat ons die geskiedenis nie verwar met geskeidenes nie, want daar is hoop! Trouens, hoop wil nie net rym met die geskiedenis nie, maar…
