Vandag vorm die gee van geskenke vir mekaar ‘n sentrale deel van Kersfees. Vir baie is die kans om geskenke te kry dikwels die hoogtepunt van die feestyd. Waar kom die gebruik vandaan?, vra jy. Party sou sê dit kom van die wyse manne uit die Ooste wat vir Jesus geskenke gebring het, geskenke gepas…
OUPA en OUMA om die aardbol.
Efesiërs 3:18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.
Word ek toe mos ook nou ‘n Oupa.
Groot mans wat huil as hulle klein handjies vashou en tien vingertjies tel. Rowwe…
Stadige en diep geloof
Psalm 1:1 (2020-vertaling)
“1 Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddeloses volg, nie op die pad van sondaars gaan staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie”
Die Psalmdigter gebruik drie werkwoorde om die fokus vir die res van die Psalms te vestig. Eerstens word daar…
Anna Bobbert, ‘n stoere lidmaat van die NG Gemeente Berg-en-Dal, is onlangs in die ouderdom van 93 jaar oorlede. Psalm 50 was die laaste skrifgedeelte wat op haar versoek saam uit Die Lewende Bybel gelees is. Die 1933-vertaling se opskrif is “Die ware godsdiens” en dit is asof dié Psalm sy loop neem (of vloei)…
Ek staan telkens verstom as ek bewus raak van die Grootsheid van God se genade. Die volmaaktheid van sy vernuwingswerk. Die skokkende omvang van Sy insluitende liefde. Sy “twyfelagtige” keuse van leiers vir kritieke tye: Moses, Judas, Petrus. Die “liberale” uitsprake van vooraanstaande profete soos Jesaja oor die nie-Israeliete en ontmandes en dat “God se…
Die seisoen het gedraai, die bome het begin bot en die voëls en die res van die skepping ontwaak al hoe vroeër in die oggend. Die skepping ervaar ‘n nuwe groei, nuwe lewe, dit is ‘n opwindende tyd. Met die koms van die lente, spreek dit ook ons kerklike jaar aan … ’n tyd van…
‘n Skrifgedeelte wat my besonder sterk aanspreek in Handelinge 8, is waar ‘n engel van die Here vir Filippus opdrag gee om op die pad van Jerusalem na Gasa te loop. Op dié stil pad het die Gees vir Filippus aangesê om saam met ʼn wa te loop waarop ʼn eunug (ʼn ontmande paleisamptenaar wat…
“Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here,…
Dit gryp my verbeelding aan om te dink aan die invloed wat voetspore het in ander se lewe. Hetsy dit groot spore is van ‘n nr 12-manskoen of die spykerhakkie van ‘n nr 5-dameskoen – die potensiaal van daardie spoor kan maak of breek. Spore gebeur nie altyd net deur loop, hardloop of dans nie,…
Wanneer jy besig is met die nadenke oor ‘n preek en die inhoud daarvan kom val die betekenis van daardie teks vir jou op plekke in jou lewe en dié van ‘n groter geloofsgemeenskap soms duidelik en hard. Dit het ‘n rukkie terug met my gebeur toe ek die teks van Markus 10:13-16 weer gelees…
Dit is asof die tyd stilgestaan het. Nege-uur die oggend is ‘n groepie mense bymekaar. Handelinge 1 vers 1-21 beskryf dit. Elke dag is daar iets nuuts, ook die dag bring sy kwota nuwe ervaringe.
Jerusalem is gevul met mense uit alle groepe. Die godsdienstige Jode was ‘n rukkie gelede getuies van Jesus se kruisiging en ook…
As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter. Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons met groot vrymoedigheid op.
- 2 Korintiërs 3:11-12
In ons laaste vergadering van Vennote in Getuienis raak ons van een ding deeglik bewus: Alles in ons wêreld het…
As leraar was ek nog altyd ongemaklik om dae soos ‘Moedersdag’ en ‘Vadersdag’ in die gemeente te vier. Ek het geen probleem met wat hierdie dae bevestig nie, maar wel met wie uitgesluit word op vieringe soos dié. Waarom moet moeders in die gemeente en eredienste staan as dit soveel seer veroorsaak en soveel vroue…