Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

‘n Wit das en geen das!

“Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie.” – Jesaja 45:5-6

As dogter van ‘n wonderlike, ondersteunende Pa, moes ons leer om saam ons passie vir mense uit te leef. Hy kom uit die ‘wit-en-swart’ era. Nee, ek verwys nie na die apartheidsera nie, maar na die swart pak- en wit das-era. Ek, aan die ander kant, verkies alles behalwe om my skoolklere verder te dra. Op ‘n dag is daar, met die mooiste bedoeling, aan my gesê: “Ek dink dis tyd dat jy ‘n paar stelle wit en swart klere aanskaf.” Natuurlik het ek gehoor, maar anders gaan doen. Hierdie was die begin van ‘n tyd van skaaf, soms hoor ‘dit gaan nie werk nie’ of ‘ons doen dit nie so nie.’ Met tyd het ons egter geleer om mekaar se verskillende style te waardeer en selfs by mekaar te leer.

Ons het geleer dat daar plek is vir elkeen se andersheid. Ons het geleer om mekaar die spasie te gee en ons sterk punte uit te leef. Dit was maklik om dit te doen omdat ons basis dieselfde was: Ons albei het op ons roeping gesê: Hier is ek Here, gebruik my. (Jesaja 6:8)

As vrou erken ek dat ons anders gemaak is, en wil dankie sê aan elke mentor wat ‘n rol speel in ons vorming. Elkeen wat by die waarheid hou en ons spasie gee om ‘geen das’ te dra nie. Elkeen wat steeds sy/haar roeping met passie uitleef. Elkeen wat die moeilike tye deel en in Christus se wonde, genesing ervaar. Elkeen wat deur sy/haar lewe wys dit gaan oor God en nie die mense nie. Elkeen wat getrou aan sy/haar roeping is en met hul lewe erken dat daar net een Lewende, Heilige God is.

116 | Maatskaplike NOODLYN