Een van die heel mooiste somers in die Vrystaat. Soos wat ons ná Nuwejaarsnaweek deur die Suid-Vrystaat huis toe gery het en afgelope week weer na die noordooste – Bethlehem, Heilbron, Parys – was dit groen, sover die oog kon sien. Weivelde, mielielande, geel sonneblomme besig om dankbaar die landskap te sier. Maar – óók…
