Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Ontmoeting met Heiliges: Bernardus van Clairvaux

Deur Mariëtte Odendaal

Soos in ons vorige Vrypos-uitgawe oor die Ontmoeting met die Heiliges-reeks genoem, het dr Lisel Joubert, verbonde aan die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, op Donderdag 18 Julie die derde aflewering in dié reeks via Microsoft Teams aangebied.

Hierdie keer het dit gegaan oor Bernardus van Clairvaux. Hy is gebore uit ’n adellike familie in Boergondië, Frankryk, as die derde van sewe kinders, en sluit op 20-jarige ouderdom aan by die klooster van Cîteaux. Op 25-jarige ouderdom word hy versoek om ’n klooster by Clairvaux te begin. Met sy dood in 1153 het hy alreeds 70 gemeenskappe tot stand gebring en 164 geaffilieerde kloosters gestig. Dié mensliewende priester het veral die belangrikheid van elkeen se Christelike roeping en ook die monastiese roeping om dit uit te leef, beklemtoon.

 | verskaf deur Kerkbode: Dr Lisel Joubert, aanbieder van die reeks “Ontmoeting met Heiliges”

Die laaste aanbieding van Ontmoeting met Heiliges vir 2024 sal handel oor Hadewijch van Brabant op 10 Oktober.
Kyk gerus na hierdie baie besondere aanbieding oor sy lewe en die betekenis daarvan HIER.
Registreer hier:
Program | 2024
Navrae:

Ds Barnard Steyn | barnard@kaapkerk.co.za

Voormalige uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding, NG Kerk Vrystaat

Ontmoeting met Heiliges: Benediktus-opname (25 Januarie 2024)
Ontmoeting met Heiliges: Bridget of Kildare-opname (11 April 2024)
Ontmoeting met Heiliges: Benediktus Vrypos-artikel op 1 Februarie 2024
VBO – punte:

Predikante, indien jy die aanbieding gekyk het, stuur ’n e-pos aan Bridget Leibbrandt (bleibbrandt@sun.ac.za) sodat VBO-punte vir jou gelaai kan word.