Op Woensdag, 26 Oktober, het die seminariumprogram vir alle NG studente van 2022 tot ‘n einde gekom. Die seminarium, wat deur die jaar sorg vir kerk-eie opleiding onder die studente, het op ‘n hoogtepunt afgesluit te Berg-en-Dal Gemeente. Die studente, saam met die steunspanne sowel as sommige dosente, het saam die geleentheid bygewoon waar daar…
As studenteleraar hoor ek die afgelope jaar twee relatief gereelde opmerkings, nie net in sosiale kringe nie, maar ook in meer amptelike kerklike vergaderinge. Twee opmerkings wat mens ‘n oomblik verder laat dink oor dié kenmerk van die kerk: “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” (Joh 13:35). Opmerking…
Dat die COVID-19 pandemie ‘n impak op elke individu gehad het, en steeds het, is alombekend. Ook ons teologiese studente staar uitsonderlike uitdagings in die gesig in hierdie vreemde jaar.
Skielik is die (sorgvrye!) bekende studentelewe verby. Die veelbesproke “nuwe normaal” is ook nou vir die studente ‘n werklikheid. Lesings op die kampus is opgeskort,…
Opening van die Teologiese Seminarium vir 2021
In ‘n ryke verskeidenheid van stemme het die bekende gebed opgeklink toe ons die refrein sing: “Bring die liefde van ons Heer, na die mense wat hier woon. Seën Afrika! Laat ons saam in vrede woon” (Lied 96, Gesangboek v/d NGK-familie). Dit is die opening van die Teologiese Seminarium op…