Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Ontmoeting met Heiliges: Bridgid van Kildare

Deur Mariëtte Odendaal | Spiritualiteit Netwerk

Soos in ons vorige Vrypos-uitgawe oor die Ontmoeting met Heiliges-reeks genoem, het dr Lisel Joubert op Donderdag 11 April die tweede aflewering in dié reeks via zoom aangebied. Dr Joubert is verbonde aan die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch.

Hierdie keer was die aanbieding oor Bridgid van Kildare wat van 452 tot 525 nC in Ierland geleef het en as een van dié land se beskermheiliges beskou word. Aangesien sy in die vroegste jare van die Christelike geloof geleef het, is daar baie min oor haar bekend, maar danksy enkele bronne tot ons beskikking kan ons as hedendaagse navolgers van Christus baie deur haar toegewyde Christelike lewenswyse geïnspireer word. Bridgid is veral bekend vir haar liefdadigheidswerk, kloosterstigting, en as ‘n beskermer van vroue en kinders. Sy het ‘n belangrike rol in die Ierse Christelike geskiedenis gespeel en het ‘n sterk invloed op die Ierse kultuur gehad.

 | verskaf: Dr Lisel Joubert, die aanbieder van Ontmoeting met Heiliges 2024.

Die Ontmoeting met Heiliges-program vir die res van die jaar

  • Kwartaal 3: Bernardus van Clairvaux op 18 Julie 2024
  • Kwartaal 4: Hadewijch van Brabant op 10 Oktober 2024
Kyk gerus na hierdie baie besondere aanbieding deur dr Joubert oor Bridgid se lewe en die betekenis daarvan HIER.
Registreer hier:
Program | 2024
Navrae:

Ds Barnard Steyn | barnard@kaapkerk.co.za

Voormalige uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding, NG Kerk Vrystaat

Ontmoeting met Heiliges: Benediktus-opname (25 Januarie 2024)
Ontmoeting met Heiliges: Benediktus Vrypos-artikel op 1 Februarie 2024
116 | Maatskaplike NOODLYN