Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Om as Japannees oor die drumpel van ’n kerk te stap

Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, Getuienisaksie, 16 Augustus 2024

“Alleen-sendelinge wat in ’n land en kultuur soos Japan werk, weet wat dit regtig beteken wanneer iemand vir die eerste keer oor die drumpel van ’n kerk stap en ’n erediens bywoon. Dit alleen is ’n wonderwerk wat sendelinge nie gereeld beleef nie, dalk weinig of selfs nooit …” So vertel ds Tobie de Wet, wat weer onlangs saam met sy vrou Annalie geroep is om in diens van Missie Japan daar te gaan bedien. So ’n wonderwerk het die afgelope week gebeur toe ’n Japannese vrou aan hom geskryf het dat sy ’n erediens bygewoon het en wat dit vir haar beteken het en waarom sy nou meer van God wil leer.

116 | Maatskaplike NOODLYN