Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

JAPAN – ons geloofsfamilie in die Verre Ooste

Deur Mariëtte Odendaal

Die Reformed Church in Japan en die NG Kerkfamilie het ’n amptelike susterskerk-verhouding vir al meer as 50 jaar. Ons deel daarom een Gereformeerde geloofstradisie wat vir ons ’n gemeenskaplike basis vir gesprek en interaksie gee. 

Dr Stéphan van der Watt
Predikant: Reformed Church in Japan

Baie van ons boere begin soggens hul dagtaak in ’n Toyota-bakkie, talle jongmense het al sushi aan die ouer garde bekendgestel, en gesondheidsbewustes drink graag groen tee; drie van die baie bekende produkte wat al jare lank hier in Suid-Afrika deel van ons alledaagse bestaan geword het, en afkomstig is uit die klein eiland-land, Japan, aan die noordoostelike uithoek van Asië. 

Maar het jy geweet dat ons NG Kerk ’n susterskerk, die Reformed Church in Japan (RCJ) in Japan het? Dit word vanuit Suid-Afrika deur Missie Japan ondersteun; ’n gesamentlike getuienisaksie van die NG Kerk en ander Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika wat in noue vennootskap met die RCJ werk.

Dr Stéphan van der Watt is sendeling-predikant van die RCJ. Carina, sy vrou, en hulle vier kinders Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan, deel in die bediening. Die goeie nuus is dat hulle almal vanaf 24 Mei tot 7 September hier in Suid-Afrika is en baie van ons gemeentes sal besoek. Maak seker dat jy hulle nie mis nie! Ons het meer gaan uitvind.

Stéphan, waarom is julle Suid-Afrikaanse besoek van soveel belang; wat is die doel daarvan?

“Die doel van ons besoek is hoofsaaklik om uit te kom by ons ondersteunende gemeentes en individue, asook om soveel moontlik terugvoer aan hulle te gee van ons werk in Japan. 

“Terselfdertyd hoop ons op ’n verdieping en verdere uitbreiding van ons ondersteuningsnetwerke. Ons sal ook aandag gee aan ons strategiese beplanning en visionering saam met die leiers van Missie Japan.

“Ook van groot belang is die broodnodige rus en kuiertyd saam met ons familie en vriende.”

Stéphan, julle gemeentelike besoeke is natuurlik van groot belang in die lig van die besondere verhouding wat tussen ons as Christene hier in Suid-Afrika en julle daar in Japan bestaan. Dit is natuurlik ook waardevol ten opsigte van ons sinodale verhoudinge wat in stand gehou moet word, né?

“Die doel van ons besoek is hoofsaaklik om uit te kom by ons ondersteunende gemeentes en individue, asook om soveel moontlik terugvoer aan hulle te gee van ons werk in Japan. 

“Terselfdertyd hoop ons op ’n verdieping en verdere uitbreiding van ons ondersteuningsnetwerke. Ons sal ook aandag gee aan ons strategiese beplanning en visionering saam met die leiers van Missie Japan.

“Ook van groot belang is die broodnodige rus en kuiertyd saam met ons familie en vriende.”

Hoe lyk julle besoekskedule aan ons gemeentes?

“Dit is ’n opwindende tyd wat vir ons voorlê met heelwat besoeke aan baie gemeentes; iets wat altyd ’n besondere ervaring vir ons is. Ons het alreeds op Sondag 2 Junie met ons program weggespring met ’n besoek aan George. Op Donderdag 6 Junie was ons in Gqeberha.

“Ons sien ook baie daarna uit om die volgende gemeentes te besoek in die weke wat voorlê: Sondag 9 Junie is dit Humansdorp, Dinsdag 11 Junie Worcester. Op Woensdag 12 Junie is dit Op die Berg (Ceres), Donderdag 13 Junie Bonnievale, Sondag 16 Junie Stilbaai, Sondag 23 Junie Riversdal en die laaste besoek in Junie is Sondag die 30ste Junie in Albertinia.

“In Julie is dit Stellenbosch-Wes (Sondag, die 7de), dan Graaff-Reinet en Aliwal-Noord (Donderdag, die 11de), Bloemfontein (Pellissier Sending-konferensie) op Vrydag die 12de, dan Bloemfontein (Pellissier) en Hoopstad (Saterdag 13 Julie), Hoopstad en Bloemfontein (Sondag 14 Julie), Bredasdorp (Sondag 21 Julie), Swellendam (Sondag 28 Julie), en Missie Japan se algemene jaarvergadering op Stilbaai op Dinsdag en Woensdag 30 en 31 Julie asook Donderdag 1 Augustus.

“In Augustus besoek ons op Sondag 4 Augustus Stellenbosch (Moederkerk) en La Rochelle, dan Groot Brakrivier (Sondag 11 Augustus), Welgemoed (Sondag 18 Augustus) en op Donderdag 22 Augustus ontvang ons ’n groep uit Japan op Heroldsbaai wat tot en met 2 September saam met ons by die volgende besoekpunte sal aandoen: Op Vrydag 23 Augustus besoek ons George, op Saterdag 24 Augustus Buffeljagsrivier en Swellendam, Sondag 25 Augustus Buffeljagsrivier, Swellendam en Stellenbosch (Kruiskerk), Maandag 26 Augustus en Dinsdag 27 Augustus is ons in Wellington by ’n Kaapkerk Diaconia-byeenkoms by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit.

“Daarvandaan gaan ons na die noorde. Op Woensdag 28 Augustus en Donderdag 29 Augustus is ons by die Universiteit van Pretoria vir ’n internasionale konferensie oor diakonaat. Ons sal dan ook op die 29ste die gemeente van Drie Riviere besoek. Op Vrydag 30 Augustus besoek ons Bothaville en Hoopstad en Saterdag 31 Augustus die diakonale projek by Botshabelo.

“In September loop ons besoek ten einde met ’n besoek op Sondag 1 September aan Bloemfontein (Berg-en-Dal en Pellissier) en op Saterdag 7 September vertrek ons terug na Japan vanuit Kaapstad.

“Ons sien baie daarna uit om julle iewers by een of meer van die bogenoemde geleenthede te sien. Ons basis is op Stilbaai.”

’n Laaste woord, Stéphan?

“Ons nooi julle opnuut uit om betrokke te raak by ons bestaande verhoudinge en werk; op dié manier kan julle saam met ons uitvoering gee aan die opdrag om in Japan te getuig waar 99% van Japannese nie Christene is nie. 

“Kom ons bou saam voort op die lang vennootskap en word verryk en verruim deur meer te leer oor ons broers en susters in Japan.”

 | verskaf: V.l.n.r. agter: Stephan en Cornelius (15).
Voor:  Annlie (16), Stephan (10), Carina en Lodewyk (12)
116 | Maatskaplike NOODLYN