
Deur dr Lyzette Hoffman, Dekaanskantoor: Fakulteit Teologie en Religie, UV
Die dosente aan die Fakulteit Teologie en Religie is op verskillende wyses betrokke in die samelewing. Sommige as leraars in gemeentes, of met private spreekkamers vir pastorale berading. Ander doen navorsing vir die Algemene Sinode of is betrokke by projekte soos prof Henco van der Westhuizen en Digitale Bediening. Deur die werk van die Digitale Bediening probeer ons as kerk op kreatiewe en toeganklike maniere gesprekke oor geloof en teologie na ’n wyer gehoor bring – nie net na akademici nie, maar ook na dominees, lidmate, jongmense en selfs kinders.
Een van ons belangrikste projekte is ’n nuwe, toeganklike aanlyn tydskrif.

Hierdie tydskrif wil predikante in die NG Kerk, maar ook enige belangstellendes in die teologie, help om op hoogte te bly van belangrike temas en gesprekke in Sistematiese Teologie.
Op die webblad vind jy artikels deur Suid-Afrikaanse teoloë oor onderwerpe soos:
Die taak van Christelike Teologie
Teologie en die Bybel
Teologie en Hermeneutiek
Teologie en Belydenisskrifte
Trinitariese Teologie
Skeppingsleer
Hamartiologie (leer oor sonde)
Soteriologie (leer oor verlossing)
Die Nagmaal
Eskatologie
Teologiese Estetika
Gestremdheid en Teologie
Eko-teologie
Bevrydingsteologie
Filosofiese Teologie
Politieke Teologie
Teologie en Wetenskap
Teologie en Apartheid
Teologie en Grond
Teologie en Spiritualiteit
Teologie en Ervaring
Daar is selfs artikels deur internasionale navorsers oor:
Teologie en Letterkunde
Teologie en Film
Teologie en Ontwerp
Teologie en Videospeletjies
Journal of Systematic Theology – YouTube
https://www.youtube.com/@journalofsystematictheology
Op ons YouTube-kanaal – journalofsystematictheology – deel ons video-onderhoude met vooraanstaande Suid-Afrikaanse en internasionale teoloë, insluitend:
Prof John de Gruchy
Prof Denise Ackermann
Prof Jaap Durand
Voormalige Aartsbiskop van Canterbury, Rowan Williams
Daar is ook ’n volledige kursus oor Hermeneutiek deur die bekende Suid-Afrikaanse teoloog Bernard Lategan beskikbaar.


Laastens is ons opgewonde om aan te kondig dat ’n splinternuwe projek binnekort bekendgestel gaan word: www.biblestoryartworks.com
Hierdie platform nooi kinders en jongmense (ouderdom 4–18) uit om die stories van die Bybel te verken deur middel van hulle eie kunswerke.
Daar sal wonderlike pryse wees vir die beste inskrywings:
- 4 – 6 jaar: R1 000
- 7 – 9 jaar: R2 500
- 10 – 12 jaar: R5 000
- 13 – 15 jaar: R7 500
- 16 – 18 jaar: R10 000
’n Lys van 100 Bybelstories sal beskikbaar wees waaruit kinders kan kies om ’n kunswerk te maak. Die wenkunswerke sal tydens die amptelike bekendstelling van ’n nuwe Kinderbybel uitgestal word – en die beste kunswerke sal langs die stories in die Bybel self gepubliseer word!
Die webblad sal ook ’n blog insluit waar teoloë sal nadink oor die diep verhouding tussen geloof en kuns.
Hou dus www.biblestoryartworks.com dop – dit gaan binnekort aanlyn wees!
Ons nooi jou uit: verken, deel, dink saam en teken in. Digitale Bediening wil nie vervang wat reeds bestaan nie, maar eerder nuwe ruimte skep vir geloofsgesprekke in ons digitale tyd.
Is daar iets in hierdie projekte wat jou opgewonde maak? Deel dit met jou gemeente, jeug, kinders, en vriende!

| verskaf: Prof Henco van der Westhuizen, sameroeper van die Digitale Bediening Netwerk, onder Bedieningsbegeleiding.