Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 16 Februarie 2024
In Suid-Afrika word ons daagliks met armoede gekonfronteer. Ons sien dit oral rondom ons en word dikwels oorweldig oor waar en hoe ons kan help. As jy boonop sterk bande met ons medegelowiges in Zimbabwe het, raak hul uitdagings jou baie diep. Hier is ’n storie van iemand wat kreatief haar passie en talente ingespan het ter ondersteuning van ’n lewensveranderende instelling.
“My Race4Grace-doelwit was om R100 000 (R1 000 per kilometer) ten bate van die Henry Murray Gedenkfonds (voorheen die Morgenster Noodfonds genoem) in te samel waaruit broodnodige skoolfooie vir weeskinders in Zimbabwe betaal kan word. Danksy tientalle borge en donateurs kon ons die verrassende bedrag van R150 000 insamel!” So vertel Sanja Steyn, dogter van Henry en Susan Murray en tans boervrou in die Darling-distrik. Die Murrays was jare lank op Morgenster-sendingstasie in Zimbabwe by die opleiding van teologiestudente en hul vroue betrokke en was ook die stigters van die Morgenster Noodfonds.

| verskaf: Sanja Steyn reg vir die SkyRun!