Deur ds Hannes Theron, NetACT-programkoördineerder
(vertaal deur Mariëtte Odendaal)
(vertaal deur Mariëtte Odendaal)
“Ons leef in uitdagende veranderende tye, en wat ’n voorreg om daarvan deel te kan wees.” So sê ds Hannes Theron, program-koördineerder van Network for African Congregational Theology (NetACT). Dit het 24 jaar gelede op inisiatief van prof Jurgens Hendriks ontstaan en het ten doel om gemeentelike teologie in Afrika te bevorder. Daarom is dit van kardinale belang om sekere aanpassings in hierdie veranderende tye te maak. Dit was dan ook die doel van NetACT se dagbestuurvergadering op Woensdag 6 Maart vanjaar in Nairobi by die Pan African Christian University, ook een van NetACT se lede.
| verskaf: Die uitvoerende komitee van NetACT tydens hul onlangse vergadering in Nairobi, Kenia