Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Jongste nuus uit Suid-Soedan

Oorgeneem uit Getuienisaksie, Nuusbrief van die van Zyls – Januarie 2024

Dr Kobus van Zyl, verbonde aan die NG Gemeente Reebok in die Wes-Kaap met opdrag: Missionale Gebedsbediening in Afrika, is ook betrokke by teologiese toerustingskursusse in Suid-Soedan. Hy verleen bystand met die ontwikkeling van die nodige infrastruktuur in afgeleë gebiede om daar mense te bedien wat nog niks of baie min van Jesus Christus weet. In sy jongste nuusbrief laat weet hy: “Ek is DV op 7 Februarie weer op pad Suid-Soedan toe. Ek kan steeds nie met opleiding van predikante op ’n formele vlak voortgaan nie as gevolg van baie moeilike omstandighede. Op die oomblik is ek steeds besig om drie van my studente wat weens die oorlog en later ook Covid nie hul studies kon voltooi nie, te help om die laaste modules af te handel sodat hulle in gemeentes bevestig kan word. Die naweek van 16 tot 18 Februarie bied ek ’n Youth Prayer Conference op die terrein van die Imotong Bybelskool by Korabiat aan. ’n Nuwe projek wat ons poog om vanjaar van stapel te stuur, is om die evangelis Jackson (oud-student) by die Bybelskool te help om met ’n kleuterskool te begin. Ek neem DV vir hom ’n klompie hulpmiddele saam wat nie daar beskikbaar is nie. Ons kerk uit Suid-Afrika is ook steeds verantwoordelik vir onderhoud van die gastehuis by die Bybelskool. Verlede jaar het ek met behulp van ’n bouspannetjie bestaande uit vier Suid-Soedanese jeugdiges al die termiet-gevrete plafonne met beton vervang. Vanjaar wil ons die huis binne uitverf asook aandag gee aan die watertenk en watertoevoer.

 | verskaf deur: Dr Kobus van Zyl (regs voor) met ’n paar kerkleiers 

116 | Maatskaplike NOODLYN