Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Winterhoop 2023

Winterhoop is ’n nasionale inisiatief wat die afgelope paar jaar deur MES, PEN, His Hands en Torings van Hoop gedryf word in die maand van Junie om hoop te bring aan hulle wat op straat probeer oorleef. Warm klere, komberse en kos maak in die winterkoue die wêreld se verskil aan hulle wat daagliks aan die elemente blootgestel is. Vanjaar het Torings van Hoop besluit om nie net op Bloemfontein te fokus nie, maar om wyer te kyk na die nood van haweloses en armes in die groter Vrystaat. Daar is alreeds ’n klompie aflaaipunte geïdentifiseer in dorpe soos Bethlehem, Viljoenskroon, Sasolburg, Bethlehem, Ficksburg, Ladybrand, Kroonstad, Welkom en Edenburg, met nog plekke wat op die punt is om deel van hierdie grootse beweging te word.

Die plan is om dit wat op ’n bepaalde dorp en in ‘n bepaalde streek geskenk word, juis daar aan te wend. Kerke en ander organisasies is besig om aan boord te kom om hierdie winter regoor die Vrystaat na haweloses en armes uit te reik. Kom raak deel van wat die Here besig is om vanjaar te doen.  Kom gee Hoop. Kom gee Warmte.

Indien jy belangstel om op enige manier betrokke te raak, kontak ds De la Harpe le Roux by dlh@towersofhope.org
116 | Maatskaplike NOODLYN