Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Uitbundige vreugde in Nomzamo, Strand oor voltydse leraar

Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk, 12 Julie 2024

Een van die rykste ervaringe wat ons as Christene kan beleef, is om die mede-gelowiges van ons susterskerke in Afrika beter te leer ken. Deesdae hoef jy egter nie meer na Malawi, Mosambiek of Zimbabwe te reis om hulle te ontmoet nie; hulle is sommer hier in ons midde. As gevolg van groot getalle migrasie het daar oor die jare klein kerkgemeenskappies hier in Suid-Afrika ontstaan en vinnig begin groei, ook hier in die Wes-Kaap. Sommige gemeentes het al so sterk gegroei dat hulle voltydse predikante moet aanstel, soos sopas die afgelope naweek by Nomzamo in die Strand gebeur het. Dr Daniël de Wet, Getuienisaksie se taakspanbestuurder van Ekumeniese Vennootskappe in Afrika, het hierdie besondere geleentheid bygewoon.

 | verskaf : Die vreugde van die Nomzamo-gemeente van die CCAP Strand
was oorweldigend tydens die verwelkoming van hul nuwe predikant, ds Mseche
116 | Maatskaplike NOODLYN