Deur Magdaleen du Toit,
sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk

Hy sê toe vir hulle: “Kom julle saam na ’n verlate plek en rus ’n bietjie op julle eie.” Want daar was baie mense wat voortdurend gekom en gegaan het; hulle het selfs nie kans gekry om te eet nie.
Markus 6:31
Hy wat in afsondering en stilte sit
het ontsnap van drie oorloë:
die oorlog van hoor
die oorlog van praat
en die oorlog van sien.
Dan bly daar net een stryd oor om te stry
En dit is die geveg om jou eie hart.
Die Spiritualiteit Netwerk (Bedieningsbegeleiding) het van Maandag 15 tot Woensdag 17 Julie by Moolmanshoek in die Oos-Vrystaat ’n retreat vir Vrystaatse leraars aangebied met die tema: Die waarde van geestelike dissiplines om die eise van die bediening te hanteer. Kollegas uit die Oos-Kaap (ring van Burgersdorp) het ook by ons aangesluit. Ds Barry van der Merwe van Pretoria, ervare gemeenteleraar en retreatleier, was die aanbieder.
Die berglandskap van Moolmanshoek, en veral die gestrooptheid van die winterseisoen, het die ideale agtergrond geskep vir ’n reis na binne om elkeen se eie bediening te bekyk in die lig van ’n verdiepte persoonlike verhouding met God.
Die ankerteks, waarheen ons weer en weer teruggekeer het tydens die stilword-kapelsessies, was Jesaja 6: 1–8, die roeping van Jesaja. Vir enige dominee wat ernstig is oor sy of haar roeping, wat lief is vir die Here en lief is vir die gemeente, is dit moeilik om die balans te vind tussen werk, huislike lewe, ontspanning en persoonlike geestelike groei. Die leraars is bewus gemaak van die waarde van geestelike dissiplines vir verdieping en groei in hul persoonlike geloofslewe, vir perspektief op die eise van die bediening en vir balans tussen die verskillende elemente van ’n bedrywige lewe.
Benewens die roepingsaspek van Jesaja 6 kon ons ook luister na verskillende komponiste en musici se weergawes van die seraf-roep “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!”
Uitbranding is ’n wesenlike gevaar in die bediening – veral waar leraars dalk sonder onderskeiding voldoen aan alle verwagtinge wat sonder ophou uit alle oorde voor hul deur gelê word. ’n Gedeelte uit Eugene H. Peterson se boek The Contemplative Pastor het hier riglyne gebied. Peterson daag die leser uit met die volgende vraag: “How can I persuade a person to live by faith and not by works if I have to juggle my schedule constantly to make everything fit into place?” Hy identifiseer twee redes hoekom baie leraars oorbesig raak:
I am busy because I am vain. I want to appear important. Significant. What better way than to be busy? The incredible hours, the crowded schedule and the heavy demands on my time are proof to myself – and to all who will notice – that I am important.
I am busy because I am lazy. I indolently let others decide what I will do instead of resolutely deciding myself. I let people who do not understand the work of the pastor write the agenda for my day’s work because I am too slipshod to write it myself.
Peterson vra: What is my proper work? What does it mean to be a pastor? En gee dan drie antwoorde: I can be a pastor who prays; I can be a pastor who preaches; I can be a pastor who listens. Die leraars is uitgenooi om in alleensessies aan hulleself rekenskap te gee oor vrae soos die volgende:
Ten opsigte van my geestelike lewe:
‘n Bonus wat Moolmanshoek ons gebied het, was die kort pelgrimspad genaamd Sewe Stasies van Rus wat in ‘n sirkelroete teen die berg uitgelê is. Dis ‘n staproete van sowat 1½ tot twee uur lank, afhangende van hoe rustig ‘n mens dit volg. Op sewe punte kan ‘n mens vertoef en nadink oor die Skrifdeel wat daar op ‘n bordjie aangebring is. Die sewe ruspunte saam met die pragtige omringende natuur het die uitwerking dat dit ‘n mens terugbring na jou eie innerlike sentrum – die stil punt waar God jou inwag.

- Watter dissiplines werk vir my (“pray as you can, not as you can’t”)?
- Wat wil ek verbeter?
- Kan ek iets anders probeer?
- Wat gee my energie? (Gun ek myself tyd daarvoor?)
- Wat verhinder dat ek genoeg tyd daaraan bestee?
- Wat kan ek daaraan doen?
‘n Bonus wat Moolmanshoek ons gebied het, was die kort pelgrimspad genaamd Sewe Stasies van Rus wat in ‘n sirkelroete teen die berg uitgelê is. Dis ‘n staproete van sowat 1½ tot twee uur lank, afhangende van hoe rustig ‘n mens dit volg. Op sewe punte kan ‘n mens vertoef en nadink oor die Skrifdeel wat daar op ‘n bordjie aangebring is. Die sewe ruspunte saam met die pragtige omringende natuur het die uitwerking dat dit ‘n mens terugbring na jou eie innerlike sentrum – die stil punt waar God jou inwag.

| verskaf : Ds Barry van der Merwe, aanbieder van die leraarsretreat oor spirituele dissiplines.

| verskaf : Retreatgroep luister aandagtig.

| verskaf : Simbole geskep deur retreatgangers.

| verskaf : Moolmanshoek se sentrum vir leierskapsontwikkeling waar die retreat gehou is.