Oorgeneem uit Pelgrimstog van Hoop se Facebookblad,
8 November 2023 –‘n Facebook-inskrywing deur dr Frederick Marais
Ek het verlede week die laaste deel van die #ligtoringroete van Malgas tot by L’Agulhas gestap saam met vier wonderlike kollegas. Oor ‘n tydperk van agt jaar kon ek nou al die Pelgrimstog van Hoop, vanaf Kaappunt tot by L’Agulhas en ook vanaf Uniondale tot by L’Agulhas, stap (ongeveer 1 200 km, daar is wel ‘n kort uitstaande deel na Jongensfontein). Só het ek dele van ons land ontdek wat ek nie geken het nie, wonderlike nuwe vriende gemaak en hoop vir ons land gekry as geskenk. Hier is ‘n paar foto’s van ons stap. Die tekens van die vloed is oral. Ek kan hierdie roetes met groot vrymoedigheid aanbeveel!
(Oorgeneem uit Kerkbode / 26 September 2023 / Nuus)
| verskaf: Van die Pelgrimstog van Hoop verskaf deur dr Frederick Marais.