Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Mosambiek-leraars bemagtig deur Veritas

Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 8 Desember 2023

“God het my deur die opleiding bemoedig. Heelwat van die tien deelnemers wat ek opgelei het, het die Here Jesus as hul persoonlike Redder aangeneem.” So getuig ds Matunda, assessor van ons susterskerk in Mosambiek, die Igreja Reformada em Moçambique (IRM) se Thumbine Sinode. Ds Riaan Terblanche, organiseerder van Veritas College Mosambiek, gestasioneer in Tête, vertel: “Die doel van die Veritas College-opleiding is nie bloot om kennis oor te dra nie, maar is ook gerig op die impak wat die evangelie van Jesus Christus deur die Woord op die lewens van mense en families in Mosambiek het.”

 | verskaf: Ds João Herbath Kachemue (heel links) algemene sekretaris van die Thumbine Sinode, en ’n groepie predikante tydens die opleiding.

116 | Maatskaplike NOODLYN