Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Klein, maar getrou: Die kerk in Japan

Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, Ek en my mense | Episode 17, 27 Augustus 2024

Kaapkerk gesels met Stéphan van der Watt, ’n sendeling wat al meer as 15 jaar in Japan werk, en Yoshitsugu Ohnishi, ’n Japannese pastoor en dosent in Ou Testament-studies, oor die werk van Missie Japan, ’n vennootskap tussen die NG Kerk in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerk in Japan. Hulle deel hul ervarings van die verspreiding van die Evangelie in ’n land waar minder as 1% van die bevolking Christene is, en hoe diakonale werk ’n kragtige uitdrukking van Christus se liefde in aksie geword het.

Van grondvlak-inisiatiewe in Suid-Afrika tot hulpverlening in Japan beklemtoon hierdie gesprek die diep verbintenis tussen ons kerke en die voortdurende behoefte aan ondersteuning, gebed en betrokkenheid van die wêreldwye Christelike gemeenskap.

Kontak Stéphan | Missie Japan
116 | Maatskaplike NOODLYN