Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 19 Januarie 2023
CAVA (Christian Audio-Visual Action) se jongste nuusbrief berig dat duisende luisteraars tans in Zimbabwe die goeie nuus oor CAVA en NBI hoor, dat ’n provinsiale polisiekapelaan as nuwe lid in die CAVA-dagbestuur dien en dat Foundation for Farming (FfF) mieliesaadpakke aan CAVA geskenk het. (FfF fokus daarop om kleinboere te leer hoe om hoër oes-opbrengste te lewer.) CAVA is ’n nie-winsgewende bediening wat in die 1970’s in Zimbabwe ontstaan het toe sendelinge die behoefte van plaaswerkers aan Christelike oudio-visuele materiaal raakgesien het. Dit het intussen na behoefte aangepas en bied tans veral opleiding aan Christelike kerkleiers deur middel van die Nehemia Bible Institute (NBI)-program.

| verskaf