Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 16 Augustus 2024
Onderwysers kan ‘n kind maak of breek. As jy egter jou klaskamer as die plek beskou wat Christus aan jou toevertrou het om heel te maak, op te hef en kinders in hulself te laat glo en te bemagtig, is dit nie net tot groot seën vir daardie kind nie, maar ook vir sy of haar hele gemeenskap, ons mooi land en ook uiteindelik vir die hele wêreld. As so ‘n onderwyseres dan uit die bloute ‘n boodskappie ontvang om te laat weet: “Ek het dit gemaak”, wil jou hart bars van vreugde!