Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 15 Maart 2024
Jy ken mos daardie warm gevoel wat in jou hart opkom as jy met iemand wat jy nie eers geken het nie, later diep geselse kan begin gesels. As dit dan nog oor lands- en kultuurgrense heen gaan, word die ervaring daarvan iets besonders. En as dit dan boonop in die spoor van mense loop wat Kenia in die vorige eeu hul tuiste gemaak het en nie anders kon as om Christus uit te leef nie, raak dit jou baie diep. Die afgelope week was daar ’n groepie kerkleiers uit Suid-Afrika op besoek aan ons susterskerk in Kenia, die Reformed Church in East Africa (RCEA). Uit die Wes-Kaap was dit Daniël de Wet en Hannes Theron, en uit die Vrystaat was dit Nico Mostert.