21 Julie 2023
Verhoudingsbou en -instandhouding is, soos ons almal weet, die ‘gom’ van enige sinvolle verhouding. Soveel te meer is dit nodig vir ons as Christene om hierdie waardevolle verhoudings met ons susterkerke in Afrika sterk te hou. Getuienisaksie (Wes-Kaap) se Taakspan Afrika Ekumene fokus baie spesifiek daarop en daarom was dr Daniël de Wet, taakspanbestuurder van Afrika Ekumene, onlangs op besoek aan ons susterskerk in Mosambiek, die Igreja Reformada em Moçambique (IRM), Tumbine Sinode. Ds Jaco Botha, voorsitter van dié taakspan, was saam met hom. Die doel van hulle besoek was in die eerste plek om gesprekke met die kerkleierskap daar te voer. Lees meer daaroor HIER.