Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk
Vanjaar se COP 28 (Conference of the Parties) vind in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate (VAE) plaas met dr Sultan Al Jaber as hierdie jaar se president. Dit het op 30 November geopen en sal duur tot 12 Desember. COP 28 verwys na die 28ste vergadering van COP van die Verenigde Nasies se Raamwerk-konvensie oor Klimaatverandering (UNFCCC). Na raming woon meer as 70 000 afgevaardigdes die konferensie by, insluitende lidlande van die UNFCCC, besigheidsleiers, jong mense, klimaatwetenskaplikes, joernaliste en verskeie ander kundiges en belanghebbendes. Die doel van die konferensie is om wêreldwye oplossings te identifiseer om die wêreldwye temperatuurstyging tot 1,5 grade Celsius te beperk, lande se voorbereidings vir hersiene en meer ambisieuse nasionale klimaatplanne teen 2025 te ondersteun, reeds bestaande ‘groen’ oorgange te versnel en uiteindelik die doelwitte van die Parys-ooreenkoms te bereik. Bly op hoogte van COP 28 en lees HIER me