Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Clarens Hermitage | Wêreldwyd is daar ’n behoefte vir mense om stadiger te leef

Deur ds Jan Venter | Leierskap Netwerk

Wêreldwyd is daar ’n behoefte vir mense om stadiger te leef. Meer volhoubaar te leef. Meer nadenkend te leef.

Die Clarens Hermitage het stelselmatig ontwikkel vanuit gesprekke met ds Barnard Steyn, voormalige uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding, NG Kerk Vrystaat en die Vrystaatse kerkleierskap. ’n Projekspan bestaande uit Vrystaatse leraars, plaaslike sakelui, ’n paar toergidse en ’n afgetrede teoloog, het aan die werk gespring om van die idee ’n werklikheid te maak. Dit het ingesluit maande van verhoudings bou met private grondeienaars en roetes in die veld ‘boendoe bash’.

Daar is ook gesprekke gevoer met leiers in die “Pelgrimstog van Hoop”-beweging. Die eerste Pelgrimstog van Hoop wat deesdae vanaf óf Robertson óf Stellenbosch (binnekort ook van Wellington en Kaappunt) tot by Kaap Agulhas gestap kan word, is intussen aangevul met meer as een so ’n ervaring, onder andere aan die Suidkus.  Die Clarens Hermitage wil graag naby aan die waardes en uitkomste van hierdie beweging bly.

Wêreldwyd is daar ’n behoefte vir mense om stadiger te leef. Meer volhoubaar te leef. Meer nadenkend te leef. Dit is al hierdie soort goed wat in ’n pelgrimstog ingesluit word … ons koppel dit beslis aan geestelike verdieping,” skryf Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman in “Nuwe pelgrimsroete: Geloof, hoop en roosterkoek” (Kerkbode, 7 Julie 2021).

Dit is diepgaande gedagtes wat weerklank vind in die belofte van “’n vier dae-ervaring van diep stilword voor die Here, pelgrimstaptogte in die omgewing en heerlike belewenisse van plaaslike gasvryheid, kultuur, kuns, lekker eet en kuier,” soos die e-pos-uitnodiging lui wat die effe nat groepie stappers onder die oorhangrots ’n maand of so tevore gekry het.

Dit beloof om ‘n “volle sintuiglike ervaring van God” te wees, soos die sleutelteks van die Hermitage mens uitnooi in Psalm 34:8 “Taste and see that the Lord is good; blessed is the one who takes refuge in him.” (NIV)

Die geestelike “pelgrimstog” is só ontwerp om die deelnemer te begelei om tot rus te kom, tot dieper verstaan en insig in die self in afgesonderde tyd saam met God. Ons hoop dat dit elke deelnemer sal help om weer ‘n volkleur-belewenis van God se nuwe lewe te hê.

Vir enige navrae of meer inligting, kontak gerus vir ds Jan Venter, sameroeper van die Leierskap Netwerk |  j.a.n.venter@icloud.com

(Oorgeneem uit Kerkbode, deur Le Roux Schoeman / 7 Julie 2021 / Nuus, Video)

116 | Maatskaplike NOODLYN