Die onderstaande skrywe het onlangs op my tafel geland, en ek glo elkeen kan hiermee identifiseer. Gesels gerus saam oor hierdie geweldige belangrike saak, met die oog daarop om Vrystaat gemeentes en predikante te bemagtig met kreatiewe moontlikhede.
"Ek sou graag wou sien dat daar sterker gevra word na wat prinsipieel die verantwoordelikheid van die…
As ek ‘n bietjie reflekteer oor dit wat alles die afgelope nege maande spesifiek by Torings van Hoop gebeur het, kom daar ‘n diepe dankbaarheid in my op: Ons het dit gemaak! Deur God se genade het ons dit gemaak! Ja, daar was tye wat die oorweldigende uitdagings en die geweldige risiko’s wat ons moes trotseer amper te veel was. …
Ladybrand se samestelling is van so ‘n aard dat ons ‘n klein kleurling-gemeenskappie het asook ‘n baie klein swart gemeenskappie wat ver is van die tradisionele swartwoonbuurt. Vir dekades is die kleurlinglidmate vanuit Bloemfontein bedien. Gedurende 1991 het die plaaslike kerkraad geskakel met die destydse NG Sendingkerkraad in Bloemfontein met die aanbod dat ons die bediening van die kleurlinglidmate sou…
‘n Paar leraars het in 2001 die bundel Gebedeboek met liturgiese voorstelle saamgestel met die doel om liturgiese kreatiwiteit te stimuleer. In die inleiding word “nuwe” maniere aangemoedig.
Die boekie bevat ‘n aantal liturgiese riglyne, wat geensins volledig wil wees nie, maar voorbeelde is van nuwe maniere om nie-verbaal en met appèl op meer sintuie as net die…
