Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Kosbare werk agter die skerms – ‘n kragtige getuienis

Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 1 Maart 2024

Wat word van jou as jy nie meer kan werk nie? Dit kan wees as gevolg van verpligte aftrede, siekte of ‘n ernstige ongeluk. As jy jou lewe in diens van die kerk gegee het, behoort daar ‘n pensioenfonds vir predikante te wees. En dis presies wat ds Pieter Potha, pioniersendeling van ons susterskerk in Mosambiek, die Igreja Reformada em Moçambique (IRM), destyds in die negentigerjare besef het. Daar is kosbare werk agter die skerms ten bate van talle mense se bestaansbehoeftes in nood gedoen waarvan min mense weet. Die Predikantepensioenfonds wat vir die IRM-predikante in 1998 gestig is, het ‘n merkwaardige geskiedenis en het ook sopas ‘n besondere mylpaal behaal danksy toegewyde insette van die Gesamentlike Sendingkommissie vir Mosambiek (GSM) waarvan dr Daniël de Wet by Getuienisaksie (Wes-Kaap) die voorsitter is.

 | verskaf: Die verteenwoordigers van die drie IRM-sinodes tydens die vergadering. V.l.n.r.: ds João Herbath Kachemue (algemene sekretaris van Tumbine Sinode), ds Samuel Besitala (algemene sekretaris van Mphatso Sinode) en ds Victor Malukekwe (verteenwoordiger van Novo Sinode)

116 | Maatskaplike NOODLYN