Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 11 Augustus 2023
Tydens die Groenspan van Wes-Kaap se onlangse kuier by eko-teoloog, David Botha en sy vrou, Estelle, op Tulbaghweg, is hulle met ’n heerlike koppie vegetariese rooilensiesop en varsgebakte brood bederf. Tydens die ete is daar in diepte gesels oor die verskillende redes waarom sommige mense vegetaries begin eet. Sommige doen dit om minder druk op die aarde ten opsigte van vleisprodusering wêreldwyd te plaas; ander doen dit weer as gevolg van simpatie met diere of om gesondheidsredes. Hoe dit ook al sy; probeer hierdie naweek dié geurige en gesonde resep en dalk oorleef jy tog dié een ete sonder vleis die naweek. Kry die resep HIER.