NG Gemeente
Woodlandhills NG Gemeenskapskerk (WHNGGK)
RING
Bloemheuwel
Posisie
Voltydse leraar
Sluitingsdatum
25 September 2024
Diensaanvaarding
01 Januarie 2025
Navrae
051 492 3064
kantoor@woodlandhillskerk.co.za
Johan Lombard
082 560 0130
johan@ppasa.net
Ds Anton Meiring
079 895 3914
anton@woodlandhillskerk.co.za
Gemeenteprofiel en faktore betreffende die gemeente
Woodland Hills is ’n NG Gemeenskapskerk (WHNGGK) in Bloemfontein. Die gemeente is 14 jaar oud en het ongeveer 528 belydende, 223 dooplidmate en 33 vriende van die gemeente. Vriende van die gemeente is lidmate wat inskakel en bedien word, maar wat nie hul tradisionele lidmaatskap elders kanselleer nie.
WHNGGK is ’n voorstedelike gemeente wat hoofsaaklik die landgoed van Woodland Hills bedien, maar het ook heelwat lidmate buite die grense van die landgoed. Die gemeente wil ’n tuiste wees waar God se liefde tasbaar is en sodoende elkeen toerus en uitstuur. Ons gemeente bestaan uit alle ouderdomsgroepe, met ’n persentasie senior lidmate waarvan ’n deel in ’n “Lifestyle Village” binne die gemeentegrense woon.
Ons as Woodland Hills NG Gemeenskapskerk wil graag aansoeke van passievolle en energieke leraars ontvang. Deel van die visie van die kerkraad is om die bediening aan ons gesinne uit te bou met die oog op gemeentegroei. Die geskikte kandidaat moet ’n liefde vir God en ‘n liefde vir mense op alle ouderdomsvlakke hê en aan die volgende profiel voldoen:
Die volgende punte moet in berekening gebring word:
- Die persoon moet oop wees vir die andersheid/uniekheid van die gemeente.
- Die ‘andersheid’ is die kultuur van die gemeente en daarom is dit noodsaaklik dat dit beskerm moet word.
- Die styl en atmosfeer van die eredienste is noodsaaklik. Die ‘Gemeenskapskerk’ se ‘andersheid’ is ‘n vars benadering, maar steeds teologies korrek.
- Die bediening van die sakramente word anders ‘aangebied’. Kleiner kinders vorm deel van die nagmaalbediening en opneem van die offergawes.
- Die bediening aan ‘nie-lidmate’ binne die landgoed, is ‘n unieke benadering.
- Belydenisaflegging word anders hanteer deurdat ‘n kandidaat vanaf Gr 10 kans gegun word om self te besluit wanneer hy/sy gereed is. Gevolglik doen hulle individueel belydenis van geloof dwarsdeur die jaar.
- Die eredienste is geïnspireerd en teologies verantwoord. Die gemeente gebruik nie die PREEKBUNDEL nie. Dit word wel vir eksegese gebruik.
- God voorsien die gemeente jaarliks van ‘n oorhoofse boodskap wat HY in maandelikse boodskappe opbreek. Hiervoor is baie gebed en meditasie nodig.
- Die atmosfeer in die kerk voor die aanvang van die erediens is opvallend. Die vriendelike karakter van die gemeente en die belangrikheid van koinonia verheerlik die Naam van God.
- Aktiwiteite wat in die gemeente aangebied word is uniek. Voorbeelde hiervan is die Manne-aand vir gesinne, die kruistogte gedurende Paasnaweek, die passe-naweek en die werkswyse van die RGL (Raad van Geestelike Leiers) en die funksionering van die bedienings.
- Die RGL beskik oor ‘n Dagbestuur wat byna weekliks vergader en wat alle sake in samewerking met die onderskeie bedienings, spoedeisend afhandel.
- Die Dagbestuur beskik oor ‘n kundige Geestelike Leier wat deurlopend besig is met strategiese beplanning.
- Die besluitnemingsprosesse van die RGL (kerkraad) is kort en effektief.
- Die funksionering is gesond en sterk omdat daar ‘n sterk vertrouensverhouding opgebou is.
- Huisbesoeke is ‘n hoë prioriteit in die gemeente en dit sal ook verwag word van die leraar om sistematiese huisbesoek asook pastorale besoeke aan huis of in die hospitaal te doen.
- Die leraar moet ook nuwe intrekkers so spoedig moontlik besoek.
- Die verskeidenheid van lidmate – vanaf senior burgers tot kleuters – is belangrik. Die leraar sal hom/haar hiervan moet vergewis en verantwoordelikheid hiervoor moet neem.
- Die feit dat die Gemeenskapskerk goeie samewerking met die Bestuur van die landgoed handhaaf, is van uiterste belang vir die voortbestaan van die gemeente.
- Buigsaamheid in die aanpassing van omstandighede is belangrik.
- Dit is belangrik dat die standaard wat in die gemeente gevolg word, so gehandhaaf moet word.
- Die soeke na ‘n leraar sal anders as die gewone daar uitsien.
Leraarsprofiel
Profiel van die kandidaat:
GESLAG: Hoewel alle eienskappe in ‘n manlike vorm geskryf is, veronderstel dit ook dat ‘n geskikte kandidaat vroulik kan wees.
- Die ouderdom van die kandidaat behoort tussen 35 – 50 jaar te wees.
- Die kandidaat moet ‘n Geesvervulde persoon wees vir wie die gemeente en die koninkryk van God die hoogste prioriteit is.
- Die hoofopdrag aan die kandidaat sal wees:
- Die geestelike versorging van die gemeente
- Geïnspireerde eredienste
- Aktiewe jeugbediening (die leraar sal ook hiervoor verantwoordelik wees).
- Sistematiese huisbesoek
- Pastorale versorging van lidmate by wyse van hospitaalbesoeke, pastorale besoeke en die besoek van nuwe intrekkers.
- Die kandidaat moet voortgaan met die opbou en uitbou van die dinamika en die momentum wat in die gemeente bestaan.
- Die uitwerk en aanbied van Bybelstudies.
- Die kandidaat moet oor genoeg fisiese en geestelike energie en dryfkrag beskik.
- Die kandidaat moet ‘n ‘gesig’ in die landgoed van Woodland Hills wees.
- Die kandidaat moet homself tot die sakramente kan verbind.
- Die kandidaat sal moet kan skakel byalle ouderdomsgroepe (die diversiteit van die gemeente).
- Die kandidaat sal ‘n sterk persoonlikheid moet hê en met genoeg selfvertroue kan optree.
- Die kandidaat moet beskik oor “People-Skills” ten einde in gesonde verhoudings tot ander te kan leef.
- Die kandidaat moet ‘n roeping van God vir sy werk hê, wat hy daagliks entoesiasties uitleef.
- Die kandidaat moet ‘n positiewe pastorale ingesteldheid hê wat sal uitreik na lidmate en nie-lidmate.
- Die kandidaat moet ‘n geïnspireerde prediker wees wat nie sy preke van die Internet aftrek nie, maar geïnspireerde boodskappe lewer wat hy van God ontvang.
- Die kandidaat moet goeie leierseienskappe hê om homself te kan handhaaf en om as Voorsitter van die RGL te kan dien, indien hy daartoe verkies word.
- Die kandidaat moet oor ‘n breë kennis van finansies en gemeentebestuur beskik.
- Die kandidaat moet ‘n goed gebalanseerde betrokkenheid in die Ring en Sinode kan handhaaf, terwyl die gemeente steeds die hoogste prioriteit geniet.
- Die kandidaat, indien getroud, moet as egpaar in die gemeente kan funksioneer.
- Die kandidaat en sy eggenoot moet psigies, emosioneel en finansieel gesond wees. Hy/hulle moet verkieslik in Woodland Hills kan woon.
- Die kandidaat se motief om na WHNGGK te kom, moet vir hom ‘n roeping wees.
- Die kandidaat moet hom neerlê by die besluite van die meerdere vergaderings (Ring, Sinode en Alg Sinode) en moet dit in ag neem dat die gemeente ‘n Gemeenskapskerk is.
- Die kandidaat se denke moet teologies, dogmaties en kerkordelik oop wees.
- Die kandidaat moet die visie van Gal 5:6b aanvaar nl. “Al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan”.
- Die kandidaat moet ook die missie van die gemeente verstaan en hom daartoe verbind, nl. VERBINTENIS/COMMITMENT, OPENHEID/OPENNESS, ITNEMENDHEID/EXCELLANCE!
Vergoeding
- Die salarispakket word op ‘n basis van totale koste van indiensneming bereken.
- Die salaris sal met die Sinodale salarisskale as riglyn bereken word.
Aansoek
Indien jy geroepe voel om vir hierdie opwindende pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede na kantoor@woodlandhillskerk.co.za. Die webadres van die gemeente is: www.woodlandhillskerk.co.za.
Motiveer in u aansoek hoe u persoonlik aan die profiel van die pos en die gemeente voldoen.
Kandidate wat die kortlys haal, moet vir onderhoude beskikbaar wees.
Die datum van beroeping is DV Sondag 20 Oktober 2024.
Datum van indiensneming is DV 01 Januarie 2025.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.