Gemeenteprofiel
Bethlehem is sowat 30km vanaf Clarens in die Oos-Vrystaat geleë. NG Bethlehem Oos is een van 7 NG gemeentes in Bethlehem met 620 lidmate en 155 dooplidmate. Ons is ‘n gemeente waar jonk en oud welkom is en ons sien onsself as ‘n familie. Ons het ook die visie om seker te maak ons skep ‘n ruimte waar alle mense welkom voel sodat die Here se woord hulle kan bereik.
Leraarprofiel / ander
Ons wil graag iemand beroep wat ‘n hart het vir verlorenes, ‘n passie het om ‘n jonger generasie weer in die kerk te kry en wat erns maak met menseverhoudings. Indien jou roeping missionaal van aard is en jy voel dat jou roeping in lyn is met ons gemeente se roeping, hoop ons van harte dat jy sal aansoek doen! Ons kyk na verskillende moontlikhede binne ons bediening. Daarom kan mense van enige ouderdom aansoek doen, asook diegene wat op soek is na voltydse of deeltydse poste.
Pligte
Vergoeding
Aansoek
Vra asseblief ‘n vraelys aan vanaf ons skriba, Me Alta Smit, by skriba@ngkoos.co.za of 073 126 2902. ‘n Volledige CV, tesame met die vraelys, moet ons asseblief voor of op 22 Januarie 2024 bereik. Stuur dit aan ons skriba en Cc asseblief bakkermadelein@gmail.com.