Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Langenhovenpark | Finansiële Beampte

NG Gemeente

Langenhovenpark NG Gemeente 

RING

Waterbron

Posisie

Finansiële Beampte

Sluitingsdatum

31 Januarie 2025

Navrae
Doel van pos

Verantwoordelik vir die doeltreffende administrasie van die finansies en sekere administratiewe funksies namens die lidmate en kerkraad van die gemeente en poog daardeur om die fondse geïn suksesvol te administreer ter uitbreiding van die Koninkryk van God.

Posvereistes
  • Persoon moet jonger as 60 wees
  • Rekenaarvaardig
  • Kommunikasie vaardig
    Moet onder druk kan werk
  • Stiptelikheid en akkuraatheid
  • Eie vervoer
Kwalifikasie
  • Ten minste Graad 12.
  • Graad/Diploma in Finansiële Bestuur sal voordelig wees.
Ondervinding
  • Ten minste 5 jaar ondervinding in soortgelyke pos.

  • Kennis en operasioneel vaardig wees in die jongste weergawe van Pastel.

  • Kennis van ander finansiële stelsels sal voordelig wees

  • Rekenaarvaardig, veral in Microsoft Office (Word en Excel)

Vergoeding
  • Vergoeding is gebasseer op Totale Koste van Indiensnemingspakket (TKVI) beginsel en is maandeliks betaalbaar teen R11 000.00 per maand.
Pligte

Begroting

  • Stel toepaslike grootboekrekenings beskikbaar aan werkgroepe met die oog op beplanning en die opstel van die jaarlikse begroting. Verkry werkgroepe se begrotings en besorg dit aan die Rekenmeester.
  • Stel die begroting op in samewerking met die Rekenmeester, dupliseer en stel beskikbaar aan die Werkgroep vir Finansies vir bespreking.
  • Rekenariseer die finale begroting.
  • Kontroleer uitbetalings en sien toe dat dit ooreenstem met die begroting. Dubbelkontrolering deur die rekenmeester.

Voorbereidingswerk vir eksterne ouditering

  • Kry al die dokumente wat die ouditeure benodig, gereed.
  • Druk finansiële en ander toepaslike verslae wat benodig word en stel beskikbaar aan die Rekenmeester vir finale inskrywings.
  • Sorg dat registers gereed is vir ouditering.

Voorbereidingswerk van finansiële state.

  • Voer transaksies op die rekenaar in.
  • Druk state vir die rekenmeester om te kontroleer.
  • Bring veranderinge aan waar nodig.

Salarisse

  • Verkry jaarliks salarisgegewens vanaf Rekenmeester.
  • Stel salarisstate saam uit bogenoemde gegewens.
  • Hou gegewens op datum insake aftrekkings, ens.
  • Doen elektroniese inbetaling van salarisse.
  • Voer salaristransaksies in op rekenaar.

LBS en WVF

  • Verkry LBS en WVF-aftrekkings vanaf Rekenmeester.
  • Doen aftrekkings vanaf salarisse.
  • Betaal LBS en WVF aan SA Inkomstediens.
  • Hou WVF gegewens op datum.

Begrotingskontrole

  • Kontroleer uitgawes teen begroting.
  • Gee terugvoer aan betrokkenes waar nodig.

Ontvang van dankoffers en ander kontant

  • Ontvang en kontroleer dankoffers en ander kontant wat oor die toonbank ontvang word.
  • Reik kwitansies uit.
  • Plaas geld in kluis.
  • Alle dankoffergeld word sover moontlik verdeel in Bank inbetalings, ACB of koeverte.

Kontrolering van eredienskollektes

  • Kontroleer die eredienskollektes saam met die geldtellers en maak bank op.
  • Kontroleer en verwerk dankoffer- en ander koeverte wat saam met die kollektes ingehandig is.

Voorbereiding van deposito’s

  • Sorg dat die bankdeposito’s korrek opgemaak is.
  • Vergelyk met totale kwitansie.

Betalings

  • Bewaar belastingfakture totdat maandstate gelewer word.
  • Betaal rekeninge sodra state ontvang word.
  • Doen alle ander betalings soos van tyd tot tyd nodig.

Insleutel van finansiële inligting

  • Allokeer alle transaksies na die betrokke rekeninge en rekenariseer.

ACB-debietorderstelsel.

  • Skep rekords, berei transaksies voor en versend dmv betrokke internet applikasies.
  • Volg terugsendings op.
  • Doen jaarlikse verhogings aanpassings soos deur lidmate versoek op dt order vorm.

Tikwerk-Finansies

  • Doen alle tikwerk wat verband hou met finansiële take.

Finansiële werkgroep

  • Dien as skriba van die finansiële werkgroep.
  • Berei saam met die Rekenmeester die sakelys voor vir werkgroepvergaderings.
  • Notuleer die vergadering.
  • Hanteer alle verbandhoudende take voortspruitend uit die vergadering.
  • Skakel gereeld met die rekenmeester oor toepaslike sake.

Sinodale verpligtinge

  • Doen alle toepaslike oorbetalings aan die Sinodale kerkkantoor.
  • Stuur maandelikse statistiek rakende pro-rata verpligtinge aan die Sinodale Kerkkantoor.
  • Skakel van tyd tot tyd met die Sinodale Kerkkantoor soos nodig.

Kolportasie

  • Bestel en betaal Bybels, en ander lektuur wanneer benodig.

Verslagdoening

  • Maandelikse opdatering en verslagdoening van voorskotte en lenings register

Kantooradministrasie

  • Beman die kerkkantoor Sondae gedurende die skoolkwartaal soos beskryf in die personeelhandleiding.
  • Elke 2de Sondag of soos onderling ooreengekom met die Admin Beampte.
  • Kontrolering van kontrakte met maatskappye.
  • Die posbekleër sal diens doen as sekretaresse op die werkgroepe Finansies en Diensverhoudinge.
  • Bestel van boeke en preekstudies soos aangevra.
  • Opstel en verspreiding van die diensroosters vir klank- en data-operateurs.
  • Hantering van verlofregister, bywerk van verlofvorms.
  • Reël aflos orreliste soos benodig.
  • Kermis: Hantering van geld soos die stalletjies die geld inbetaal asook die tel van die geld aan die einde van die dag.
  • Pinkster Eredienste – reël van begeleier vir die middagdienste.
  • Hulpverlening in die ontvangskantoor soos benodig.
  • Neem van maandelikse meterlesings van instansies (Selfoontoring, Frogfoot en Kleuterskool), voorbereiding en versending van rekeninge asook opvolg van betalings.
Aansoek

Aansoeke kan gestuur word per epos na ngklhp@mweb.co.za