Posisie
Verhoudingsleier: Westelike Streek
Sluitingsdatum
24 April 2026
Aansoek
Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is
verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek.
Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van
sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir
die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die
monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.
Vereistes:
• Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk vir hierdie omgewing); – minimum van 7–10 jaar se bedieningsondervinding
• ’n minimum van 10 jaar se leierskapservaring binne die kerk en die breër gemeenskap, met bewese invloed en pastorale sorg
• Besigheidservaring sal voordelig wees
• ’n minimum van 5–7 jaar se bewese ervaring in fondswerwingsstrategieë en bemarkingsmetodes om groei, uitreik en finansiële bestuur te ondersteun
• Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is
• Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
Bevoegdhede:
• Ekumeniese ingesteldheid
• Sakevernuf
• Samewerkingsvaardighede
• Verhoudingsbou
• Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
• Sterk Leierskap
• Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
• Sterk aanpasbaarheid
• Vermoë om ander te motiveer
Vaardighede:
• Prediking en Openbare redevoering
• Fondsinsamelingsvaardighede
• Onderhandelingsvaardighede
• Bemarkingvaardighede
• Bestuursvaardigthede
• Interpersoonlike vaardighede
• Beplannings- en organiseringsvaardighede
Vrywaring:
Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.
Kontak
Om aansoek te doen, stuur CV na:

