NG Gemeente
NG Gemeente Bothaville-Noord
Posisie
Voltydse Leraar
Sluitingsdatum
17 April 2025
Navrae
Kerkkantoor:
Annesia Snyman | 078 038 0328 ngkbothavillenoord@gmail.com
Leierouderling:
Japie Grobler | 082 825 8018 japie@karookom.co.za
Onderleierouderling:
Corné van der Walt | 082 808 8830 corne1@agrigroep.co.za
Leierdiaken:
Robbie van der Vyver | 082 879 7022 Robbie.vdvyver81@gmail.com
Gemeenteprofiel
Bothaville is ’n dinamiese plattelandse dorp in die Noord-Vrystaat, maak deel uit van die Mieliedriehoek en is die tuiste van die jaarlikse NAMPO-Oesdagfeesvieringe. Boerderyverwante bedrywe en nywerhede speel ’n groot rol in die gebied en word aangevul deur ander dienstebedrywe. Ons gemeente bestaan uit plaas- (60%) en dorpslidmate (40%) met 355 belydende lidmate en 119 dooplidmate.
Ons het ’n vakature vir ’n passievolle en toegewyde leraar om leiding te neem in ons gemeente en om saam met ons ’n impak in die gemeente en gemeenskap te maak.
Leraarprofiel / ander
Ons benodig ’n gelegitimeerde en passievolle leraar wat voldoen aan die ampspligte soos omskryf in die Kerkorde, insluitend:
- ’n Jesus-volgeling met ’n liefde vir die Here en vir mense.
- ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
- Wat dienende leierskap uitleef en ander inspireer.
- ’n Sterk fokus het op gesinsbediening in die gemeente en die gemeenskap.
- Kreatief en innoverend met verkieslik vyf jaar (of meer) ervaring as gemeenteleraar.
- Tegnologie kan gebruik om die bediening te ondersteun.
- Kinder- en jeugbediening prioritiseer.
- ’n Bediening onder jong werkendes vestig, asook ander lidmate bedien.
- Getroue huis- en siekebesoek doen.
- Die roeping van die gemeente uitleef en betrokke wees in die gemeenskap, asook op die goeie verhouding tussen ons dorp se drie NG gemeentes voortbou.
Ons bied jou die geleentheid om deel te word van ’n gemeente wat jou sal ondersteun en saam met jou wil floreer. Jy sal vriendskap, genade en ’n kans op groei ontvang en saam met ’n hardwerkende groep mense sal jy God se hand aan die werk sien.
Vergoeding en voordele
- Vergoeding volgens sinodale riglyne.
- Gerieflike pastorie is beskikbaar.
Aansoek
Aansoeke moet vergesel wees van:
- ’n CV van maksimum vyf bladsye met die kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings.
- ’n Kort opsomming (een bladsy) waarin jy motiveer waarom jy die geskikte kandidaat vir hierdie pos is.
- Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word, met ’n geleentheid om ’n preek te lewer by NG Bothaville-Noord.