Area
Excelsus
Ander
Kuratorium, die Noordelike sinodes en die sinodes van Noord-Kaap en Kwazulu-Natal
Posisie
Hoof van sentrum vir Bedieningsontwikkeling
Sluitingsdatum
12 Januarie 2024
Diensaanvaarding
1 Maart 2024 of so gou moontlik daarna
Navrae
Kuratorium
ngkerk@up.ac.za
ngkerk@up.ac.za
Gemeenteprofiel
Profiel / ander
- Bevoegdheid as leraar in die NG Kerk met gemeentelike ondervinding van ongeveer 10 jaar
- ‘n Doktorsgraad in teologie
- VBO punte moet op datum wees
- Ervaring in bestuur en aanbied van kursusse en toerusting
- Ervaring en kennis van kerklike werksaamhede in sinodale strukture
- Vermoë om te netwerk en te skakel met gemeentes, leraars, kerklike strukture en die akademie
- Spanwerker met gesonde menseverhoudinge
- Kennis van VBO-landskap en van kurrikulum ontwikkeling sal ‘n aanbeveling wees.
- Ouderdom tussen 35 en 60 jaar.
Pligte
- Fasilitering en ontwikkeling van die VBO-program vir leraars, diensleraars, standplaasleraars en bedienaars, in samewerking met die Kuratorium, die Noordelike sinodes en die sinodes van Noord-Kaap en Kwazulu-Natal.
- Bepaling en bestuur van die aanbieding van kursusse en leergeleenthede vir VBO in lyn met riglyne van die Algemene Kuratorium.
- Bestuur van die proses vir voldoening aan die vereistes vir VBO-punte vir leraars, diensleraars, standplaasleraars en bedienaars en skakeling met die leraars in veral die Noordelike sinodes.
- Self ook verantwoordelik vir doseerwerk, kursusontwikkeling en aanbieding.
Vergoeding
- ‘n Salarispakket met byvoordele volgens sinodale skaal.
Aansoek
Aansoeke en aanbevelings deur kerklike liggame word gerig aan die Kuratorium by ngkerk@up.ac.za